No Image Caption

Kort nuus

Iréne-Mari van der Walt
Kuisebmond

Pa verkrag glo 11-jarige dogter

’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 11-jarige dogter verskeie kere sedert 2022 verkrag het, is steeds op vrye voet. Die laaste voorval het na bewering op 12 September in die meisie se ouma se slaapkamer plaasgevind toe die pa en sy alleen by die huis was.

Wanaheda

Man (19) vas weens dwelms

’n Negentienjarige man is Saterdagmiddag by ’n verkeersbeheerpunt tussen Windhoek en Okahandja in hegtenis geneem toe hy na bewering in besit van 2 005 gram dagga gevind is. Die totale waarde van die dagga word op N$100 250 geraam. Die man is glo ook in besit van altesaam 74 Mandrax-tablette ter waarde van N$8 880 gevind.

Windhoek

Motorongeluk eis drie lewens

Drie mense het hul lewens verloor toe ’n Nissan Serena-sedanvoertuig se band glo sowat 12 kilometer buite Windhoek gebars het. Die bestuurder van die voertuig is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar en die polisie het bevestig dat drie passasiers uit die voertuig geslinger is toe dit omgeslaan het. Twee is later aan hul beserings dood. Die vierde passasier, wat na bewering ’n veiligheidsgordel gedra het, het ligte beserings opgedoen.

Otjiwarongo

Boewe nog op vrye voet

Nie een van die verdagtes wat na bewering Vrydagmiddag by Hofmann’s Farm Implements ingebreek het is in hegtenis geneem nie.

Die verdagtes het glo deur die badkamervenster toegang tot die perseel verkry nadat hulle van die hek se reëlings gebreek het.

Hulle het ’n kluis oopgebreek en glo sowat N$42 530 kontant gebuit. Vyf skootrekenaars ter waarde van N$61 645 is glo ook gesteel, asook ’n Samsung Galaxy-selfoon van N$3 985, ’n stel sleutels vir ’n Toyota Hilux van N$33 011, 20 trekkersleutels van N$8 184 en ’n Samsung-selfoon van N$5 000. Die gesamentlike waarde van die goedere is N$154 355.

– Polisie se misdaadverslag

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!