KORT NUUS
KHOMAS
Diamantrooftog: Verdagte ontslaan
Een van die verdagtes in die Namdia-diamantrooftog, Sam Shololo (45), is uit die hospitaal ontslaan. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het dit gister bevestig. – Namibiese polisie
ZAMBEZI
RA waarsku oor padsluiting
Padgebruikers in die Zambezistreek is onlangs gewaarsku van gevaarlike toestande op sommige van sy paaie.
Volgens die Paaieowerheid (RA) is die DR3522 (Namalubi–Kalumba-pad) tydelik gesluit weens ernstige skade wat deur onlangse swaar reënval veroorsaak is.
“Vir jou veiligheid en om voorsiening vir die nodige herstelwerk te maak, sal die DR3522 gesluit bly tot verdere kennisgewing. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak en waardeer jou geduld en samewerking. Opdaterings oor die pad se status sal verskaf word soos herstelwerk vorder,” lui ’n kennisgewing van die RA.
Verder word padgebruikers versoek om ekstra versigtig te wees wanneer hulle op die volgende paaie reis as gevolg van gladde toestande: DR3510 [Bukalo-Lusese-pad]; die DR3512 [Ikumwe-Lusese-pad]; en die DR3572 [Bukalo-Sifuha-pad]. – Paaieowerheid
OMUSATI
Wyle Paulus word Donderdag begrawe
President Nangolo Mbumba het ’n amptelike begrafnis aan wyle Epafras Paulus toegeken.
Die gedenkdiens vir wyle Paulus sal eerskomende Woensdag by sy huis in die informele nedersetting Onatshiku in die Elim-kiesafdeling in die Omusatistreek plaasvind. Die begrafnisdiens word eerskomende Donderdag by die Elim-begraafplaas gehou.
“Paulus het ’n beduidende rol tydens Namibië se bevrydingstryd gespeel. Hy het kritieke bystand aan PLAN-vegters verleen, insluitend om sy huis as ’n toevlugsoord en berging vir wapens aan te bied, asook die gebruik van sy voertuig om wapens na die oorlogsones van Ombuga te vervoer,” lui ’n verklaring van die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie.
Wyle Paulus laat ’n blywende nalatenskap agter en word oorleef deur sy vrou, 18 kinders, 88 kleinkinders en 38 agterkleinkinders.
– Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie
OHANGWENA
Jong man verdrink
’n Een-en-twintigjarige man het na bewering Vrydag in die vroeë oggendure by die informele nedersetting Ongonga in die Ohangwenastreek in water verdrink wat in die omgewing opgedam het. Sy liggaam is Vrydag omstreeks 09:40 gevind.
Die koördineerder vir misdaadondersoeke in Ohangwena, adj.komm. Melanie Mbuuru, het gesê die oorledene is die vorige aand laas gesien waar hy saam met ander mense by die plaaslike cuca-winkels gekuier het.
Mbuuru het gesê die oorledene se liggaam is in die opgedamde water naby die cuca-winkels gevind. Sy het gesê hy is na die Engela-hospitaal geneem waar hy dood verklaar is. ’n Nadoodse ondersoek sal nog uitgevoer word.
Die polisie in die noordelike streke – Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Omusati – het al talle male die publiek aangeraai om nie in die aande naby damme te loop of vloedvlaktes oor te steek nie, veral nie gedurende die reënseisoen wanneer voorvalle van verdrinkings toeneem nie.
– Namibiese polisie
OHANGWENA
Vrou met pyl en boog aangeval
’n Vier-en-veertigjarige vrou is die afgelope naweek deur ’n man (32) met ’n tradisionele pyl en boog aangeval en kritiek beseer. Die pyl het die vrou in die maag getref. Die voorval het Vrydagaand in die informele nedersetting Eexwa in die Eenhana-omgewing in die Ohangwenastreek plaasgevind.
Die slagoffer is in ’n kritieke toestand na die Eenhana-distrikshospitaal geneem en is later na die Oshakati Intermediêre Hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling.
Die polisie is nog nie die rede vir die aanval vasgestel nie.
Die 32-jarige verdagte sal na verwagting in die Eenhana-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie