Kort Nuus
Oshakati
Seun sterf ná voertuig hom glo tref
’n Dertienjarige is Donderdag dood nadat ’n voertuig hom na bewering omstreeks 11:00 op die Oshakati-Okahao-pad getref het. Die bestuurder (23) is nie in hegtenis geneem nie, hangende die aanklaer-generaal se besluit. Aanklagte van roekelose bestuur en strafbare manslag is egter teen hom aanhangig gemaak.
Iiyale
Polisie soek na vermiste persoon
Die Namibiese polisie soek tans na Valde Hamatwi (42). Hy het Donderdag omstreeks 08:00 sy huis in die Iiyale-nedersetting in die Oshikotostreek verlaat om na Ondangwa te gaan vir werk. Sy seun, ’n leerling aan die Mwashipandeka Senior Sekondêre Skool, het hom na bewering van ’n onderwyser se foon probeer bel om te reël dat sy pa vir sy vervoer na Ondangwa betaal. Hulle het mekaar by ’n winkel ontmoet waar sy pa vir sy vervoer betaal het. Hy het daarna sy vrou omstreeks 14:00 gebel en gevra of sy seun veilig tuis was en toe sy vrou hom om 15:00 probeer bel het, was sy selfoon af. Hy het omstreeks 18:00 ’n noodboodskap gestuur waarin hy gesê het hy loop die gevaar om beroof te word. Toe sy vrou hom probeer terugbel, was sy selfoon af. Hy is Donderdag laas gesien in ’n swart kortbroek, grys T-hemp en donkerblou hemp by Pick n Pay op Oluno. Die polisie het ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting oor waar Hamatwi hom bevind, om die woordvoerder by die Onethindi-polisiekantoor by 081 878 1753 te kontak, of om die inligting by die naaste polisiekanoor aan te meld.
Onandjokwe
Minderjarige verberg glo geboorte
’n Sewentienjarige meisie het na bewering Vrydag omstreeks 02:00 geboorte geskenk aan ’n babadogtertjie en het toe glo die lewelose liggaam weggesteek. Toe haar familie die oggend wakker word, het hulle bloedkolle in die huis gesien en haar daaroor uitgevra.
Sy het hulle toe glo van haar miskraam ingelig en gesê sy wou die fetus in ’n plastieksak sit en in die toilet afspoel. Haar familie was onbewus van haar swangerskap.
Sy is in die Onandjokwe-staatshospitaal opgeneem vir mediese ondersoeke en die fetus is na die Oshakati-polisielykshuis geneem. – Inligting uit die polisie se misdaadverslag

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie