Kort nuus
Olukulo
Seun (8) glo verkrag
Die polisie in die Omusatistreek ondersoek ’n klag ingevolge die Wet op die Bekamping van Verkragting, Wet 8 van 2000, ná bewerings dat ’n agtjarige seun in Olukulo-nedersetting in die Tsandi-kiesafdeling seksueel misbruik is.
Volgens voorlopige ondersoeke is die misdrywe na bewering by verskeie geleenthede in Februarie by die huis van ’n plaaslike gemeenskapslid gepleeg.
Die verdagte, wat aan die owerhede bekend is, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die kind se ma het die voorval aangemeld. Owerhede het bevestig dat die kind die nodige mediese en sielkundige ondersteuning ontvang. – Nuusredaksie
Walvisbaai
Hawedorp verleng waterrantsoenering
NamWater het verlede week aangekondig die hawedorp sal vir ’n verdere 21 dae waterrantsoenering ervaar, met beperkings wat tot 29 April verleng is.
NamWater het gesê dit is weens voortdurende kragvoorsieningsuitdagings by die Rooibank- en Dorob-Suid-stelsels, waar verouderende infrastruktuur en spanningsval (voltage drops), wateronttrekking uit die boorgate wat die munisipaliteit voorsien, beperk. Die beperkings het ten doel “om huidige reservoirvlakke te handhaaf en ’n totale uitputting van toevoer te voorkom”. Watertoevoer sal elke dag tussen middernag en 04:00 beperk word. – Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie