PAS IN: Duitsland steun jeugorkesfees
Op 24 Mei 2023 het die Duitse Ambassade, verteenwoordig deur dr. Andreas Götze, die adjunkhoof van die diplomatieke sending van die Duitse ambassade in Namibië, en die Jeugorkes van Namibië (Yona), verteenwoordig deur Gretel Coetzee, 'n ooreenkoms onderteken. Dié ooreenkoms is vir die medefinansiering van die Nasionale Jeugorkesfees wat later vandeesmaand, op 23 en 24 Junie, sal plaasvind. Yona sal N$56 000 (ongeveer 3 000 euro) van die ambassade ontvang.
“Dankie aan die Duitse ambassade vir hul volgehoue ondersteuning! Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte,” het Yona op hulle Facebookblad geskryf.
“Dankie aan die Duitse ambassade vir hul volgehoue ondersteuning! Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte,” het Yona op hulle Facebookblad geskryf.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie