APT-klub skenk aan vlugtelinge se helpers
Dankbetuiging vir helpende hande
Die fondse wat oor is van die destydse APT-klub word nou geskenk aan organisasies wat in 1976 ondersteuning aan die Portugese vlugtelinge in die kampe op Tsumeb en Grootfontein verleen het.
Méér as 46 jaar ná die Lions Club en die Rotariërs Portugese vlugtelinge wat uit Angola gevlug het bygestaan en in tydelike kampe op Grootfontein en Tsumeb gehuisves het, sal ’n geldelike skenking as ’n dankbetuiging gemaak word.
Die Lions Club sal N$101 000 ontvang, die Rotariërs N$61 000 en die Kankervereniging van Namibië N$31 000.
So het die laaste drie oorblywende lede van die klub Associacâo Portuguesa De Tsumeb, beter bekend as die APT, besluit.
Die broers José en Fernando Lopes asook Julio dos Santos is die enigste lede van die klub wat nog op Tsumeb oor is – terwyl die APT in sy gloriedae meer as 200 lede op sy registerboek gehad het.
Fernando sê daar is nog heelwat Portugese in die land oor wat deel van die klub was – veral op Rundu, Swakopmund en in Windhoek.
Die klub het in 1995 reeds sy deure gesluit nadat die meeste Portugese weggetrek het, maar daar is nog fondse in APT se rekening oor, wat nou aan organisasies sal gaan wat in 1976 ondersteuning aan die Portugese vlugtelinge verleen het.
“Die klub se konstitusie bepaal dat dit so moet gebeur, sou die klub ontbind. Alhoewel die Kankervereniging nie toe betrokke was nie, voel ons ons wil graag ook ’n gedeelte aan hulle skenk,” sê Fernando.
“Ons is nog die enigste drie bestuurslede van die destydse klub wat hier oor is. Om die rekening te sluit, is besluit om die fondse te verdeel tussen die Lions Club, die Rotariërs en die Kankervereniging,” het José verduidelik.
GLORIEDAE
Die APT is op 10 Junie 1977 amptelik geopen, sowat ’n jaar ná die Portugese vlugtelinge in Namibië aangekom het.
“Toe was hier soveel Portugese dat ons almal mekaar nie geken het nie. Ons het die klub gestig om die kultuur verder te neem,” vertel José. Die Lopese was deurentyd op die klub se bestuurskomitee – met José as die vorige president.
Talle van die Portugese het aanvanklik op die myn in Tsumeb begin werk, waar ander naderhand ondernemings begin het en toe na onder meer Rundu, Oshakati en selfs Windhoek en Okahandja verhuis het.
“Die APT was egter selfs in Portugal geregistreer en was só sterk dat ons ons eie sokkerspan gehad het asook twee orkeste. Die sokkerspan het die liga vier keer gewen en van die spelers het die intermyne-span gehaal.
Die klub het ook sy eie restaurant gehad waar jy Sondagmiddae vooruit moes bespreek om plek te kry en talle belangrike persone, onder andere die Portugese ambassadeur van Suid-Afrika, het ’n besoek aan die klub afgelê,” vertel José.
Die groot jaarlikse viering was egter op 10 Junie, wat hulle Rassedag noem.
“Dit was so groot dat mense soos ek en my broer wat ondernemings gehad het, dit vir die dag toegemaak het. Daar was ’n amptelike vlaghysing en selfs die myn het sy werkers afgegee om dit by te woon.
Die klub het ook jaarliks Oujaarsdag gevier en ’n karnaval gehou.
“Dit was tjok-en-blok vol – soveel so dat ons mense moes wegwys,” vertel Fernando.
“Die Portugese het ook naderhand ’n Portugese onderwyseres gehad wat vir die kinders tot standerd drie in Portugees skool gegee het. Ons kinders was by haar en dit is hoekom hulle vandag Portugees magtig is. Hulle het ook volgens die Portugese sillabus eksamen geskryf,” sê Fernando.
Naderhand is daar ook ander Portugese klubs gestig – Maritimo-klub op Walvisbaai, Associacâo Portuguesa op Okahandja (APO) asook die Associacâo Portuguesa in Windhoek (APW).
AGTERGROND
Beide die Lopes-broers asook Dos Santos was ten nouste betrokke in die Portugese vlugtelingkampe.
Dos Santos, toe maar sowat 30 jaar oud en self ’n vlugteling wat op Grootfontein se rugbyveld en later na Das Alte Ford gehuisves is, vertel hy het saam met die gemeenskap, polisie en die Lions Klub hulp in dié kamp verleen omdat hy ’n bietjie Engels asook Frans magtig was.
Hy het in die polisietent by die kamp se ingang gewoon sodat hy vir owerhede tolkwerk kon doen en was later in beheer van die vlugtelinge by die ou Fort. Hy het naderhand met behulp van ’n Grootfonteinse gesin werk as ’n radiotegnikus op Tsumeb gekry en sommer dadelik by die APT aangesluit. “Ek was lid nommer 23,” sê hy. “Dit was ’n goeie klub.”
Die Lopese het ook ’n sleutelrol op Tsumeb gespeel, waar daar twee kampe vir die vlugtelinge was.
“Toe die vlugtelinge hier aangekom het, was ons reeds hier om hulle te ontvang. Toe het daar reeds sowat vyf of ses Portugese families op Tsumeb gewoon,” vertel José.
“Ons was gemagtig om in die kamp in te gaan en het gehelp waar ons kan omdat ons ook Afrikaans en Engels magtig was. Daar was honderde van hulle en hulle kon natuurlik net Portugees praat,” vertel José.
“Toe het veral die Lions Klub, maar ook die Rotariërs baie hulp verleen.”
José sê ’n konvooi met sowat 3 000 voertuie het uit Lubango vertrek en sowat 2 000 het hulle op Tsumeb gevestig – die res op Grootfontein.
“Dit was karre en lorries vol mense. Fernando, wat toe op die myn gewerk het, was ’n steunpilaar en het met die myn gaan gesels om talle van die vlugelinge in diens te neem,” vertel José.
“Hulle het hul kant op die myn gebring en is oral ingedruk – ondergrond, by die smelter, orals.”
Die myn was só tevrede met die vlugtelinge se werk dat hulle in die laat 80’s nog 30 Portugese ambagsmanne in Portugal gaan werf het om in die myn te kom werk.
“Baie van die Portugese het egter in die láát 80’s Suid-Afrika toe gegaan,” sê José.
Naderhand het die dorp so leeggeloop van Portugese dat die klub in 1995 sy deure moes sluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie