ATKV erken merkwaardige bydraes
Inskrywings open later vanjaar
Vir die afgelope 26 jaar maak die ATKV in Namibië dit sy missie om merkwaardige taal- en kultuurbydraes te vereer.
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging sien uit om vanjaar weereens sy Pluimpie-aand aan te bied.
Individue wat hul skryftalente as goed beskou, kan ’n geskrewe stuk inskryf om beoordeel te word, ongeag of dit ’n gedig of ’n kortverhaal of ’n bundel is.
Deelnemers kan dan ’n erkenningsprys van die ATKV in die vorm van ’n deelnamesertifikaat, ’n donsie, ’n veertjie of ’n pluimpie ontvang.
Die ATKV gee nie net erkenning aan taalbydraes nie, maar vereer ook presteerders op kultuurgebied.
“Danse, debat en redenaars – daar gee ons ook erkennings, maar dit moet genomineer word. Die tak kan nie mense benoem nie; ons is maar ’n handjievol mense en ons ken nie almal nie. Ons het Namibiërs nodig om Namibiërs te nomineer sodat ons weet van almal,” sê me. Leoni van Rensburg, die voorsitter van die ATKV in Namibië.
Buiten taal- en kultuurbydraes, word diegene wat grootliks bygedra het tot die bevordering van Namibië ook erken.
Vorige ikone wat erkenning van die ATKV ontvang het, sluit in die Olimpiese medaljewenner Frank Fredericks, die gewese Mej. Heelal Michelle McLean en die oorlede sakemagnaat Harold Pupkewitz.
“Dis ons land, dis ons volk en dis ons nasionaliteit; wie sal vir ons land se mense erkenning gee as ons dit nie self doen nie?” vra Van Rensburg.
Sy noem dat die ATKV in Namibië hoop om hul veld te verbreed deur persone en entiteite wat nie Afrikaans as medium gebruik nie ook te erken. Die ATKV in Namibië hoop ook om onderwysers wat kultuur bevorder ’n veertjie in die hoed te gee.
“Ons het deur hierdie erkennings ’n paar instansies laat ontstaan, soos skrywers in Afrikaans en beoordelaars in Afrikaans,” vertel Van Rensburg van die resultate van die Pluimpie-aand.
Inskrywings
Van Rensburg sê inskrywingsvorms word later in die jaar versprei en inskrywings kan dan tot Februarie die volgende jaar ingedien word. Hierna word die inskrywings aan beoordelaars oorhandig wat die genomineerde werke beoordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie