Beuke-Muir met prestige-toekenning vereer

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Afrikaans is een van haar ‘goeterse’ wat sy soos lekker uitgetrapte tekkies kan aantrek en gemaklik in voel. So sé dr. Chrisna Beuke-Muir, medestigter van die FNB Windhoek Woordfees, skrywer, dosent en iemand wat daadwerklik ‘n verskil maak vir Afrikaans en sy mense. Dis juis oor haar liefde vir en verskil maak in Afrikaans wat Chrisna onlangs deur die Netwerk vir Afrikaans met ʼn Prestige Kultuurtoekenning vereer is.

Chrisna is ’n boorling van die Suidkaap, maar noem Namibië haar huis sedert 1982 en dit is ook hier waar drie van haar vier kinders gebore is. Tydens haar akademiese loopbaan aan die Universiteit van Namibië (1995 – 2021) word 36 kollegiaal-beoordeelde artikels van haar in onder andere internasionale akademiese tydskrifte gepubliseer. Chrisna is ook die samesteller van vyf dramas waarvan drie in samewerking met prof. Aldo Behrens geskied. Sy vertaal twee dramas uit Nederlands en bring dit op die planke in Namibië, Suid-Afrika, België, Nederland en Duitsland. Haar P.hD behaal sy aan die

Universiteit van die Vrystaat oor George Weideman as dramaturg. Saam met Ronelle Rademeyer stig sy die Windhoek Woordfees in 2013 wat vandag stewig op sy voete staan. Chrisna is ook die samesteller van Land Onder Woorde (uitgegee deur Cordis Trust in 2020), ’n Windhoek Woordfees-bundel met gedigte en kortverhale van Namibiërs. Vanjaar het die reeks rubrieke van haar wat in die Republikein verskyn het onder die titel “Hallo Ma” in boekvorm verskyn en is uitgegee deur Naledi.

“Die internasionale mark beskou Suid-Afrika as die kern van die Afrikaanse taal, en ignoreer dikwels (of is eenvoudig nie daarvan bewus nie) die feit dat Namibiërs ʼn unieke dimensie tot

die groter prentjie van Afrikaans bydra,” sê Chrisna.

As daar één ding is waaroor sy geen twyfel het nie, is dat “ons land beskik oor skrywers en digters wat met Afrikaans kan toor.”

Haar gunstelingwoord in Afrikaans?

“So tussen die akademiese bedrywighede deur verskaf dit my groot genot as ek Afrikaans loslit kan gebruik. My studente praat dikwels van goeters of nog lekkerder, goeterse!” Chrisna is vir die laaste 28 jaar getroud met Chris Muir en is “so dankbaar vir die ondersteuning wat my man en kinders vir my gee.”

En, uiteraard dankbaar “teenoor God wat my alte dikwels in ’n gunstige omstandigheid plaas.”

Netwerk vir Afrikaans, is ‘n onafhanklike, nie-politiese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie, wat werk vir die groei en behoud van Afrikaans in Namibië. Volg ons op sosiale

media en word deel van ons projekte om jou deel vir die taal te doen. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!