Deel jou skrywes vir ’n Pluimpie!
Woordkunstenaars
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging bied aan skrywers, digters en musiekmakers in Afrikaans die geleentheid om met 'n toekenning vereer te word.
Nuusredaksie – Toor jy met woorde en is daar ’n skryfsel, roman, novelle, skets of kortverhaal of ’n bundel gedigte waarmee jy wil spog?
Die ATKV bied jaarliks ’n kompetisie vir skrywers aan wat graag hul tekste wil laat evalueer en ’n kans staan om ’n toekenning en selfs ’n prys te wen.
Die kategorie vir die jaarlikse gewilde Pluimpie-toekennings sluit in prosawerke wat insluit ’n roman, novelle, skets of kortverhaal. Vir die korter tekste moet daar minstens agt verhale wees.
As jy poësie wil inskryf, moet jy ten minste 20 gedigte voorlê. Tekste vir kinders kan ook ingeskryf word en sluit in kinderverhale of jeugromans of dan ’n versameling korter tekste en gedigte.
Mediatekste soos Afrikaanse koerantartikels en rubrieke en ook dramatekste word ook oorweeg.
Vir meer inligting en ’n inskrywingsvorm kan Ansa Ellis by 081 122 552 gekontak word of stuur ’n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie