Dorslandtrek-gedenkfees
Afstammelinge van die Dorslandtrekkers en die sogenaamde Angola-boere sal weer die herdenking van dié geskiedkundige trek by Swartbooisdrift aan die Kunenerivier tussen 26 en 28 Mei 2023 vier.
Weens die verandering in skoolkwartale in Namibië, asook die feit dat Heldedag (26 Augustus) volgende jaar op ‘n Saterdag val en dus nie langnaweek bied nie, was die bestuur verplig om ‘n ander datum vir die gedenkfees te kies as in die verlede.
Die feesverrigtinge sal op die terrein van Okapupa plaasvind. Diegene wat dit wil bywoon moet self plek bespreek en betaal. Gee aan die bestuur kennis deur ‘n registrasievorm in te vul en in te stuur.
Daar is ook ander kampeerplekke langs die Kunene, naby aan Okapupa. Die bestuur versoek dat diegene wat die verrigtinge wil bywoon vroegtydig plek bespreek om teleurstelling te voorkom.
Registrasiedokumente is beskikbaar by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie