Ruan Janse van Rensburg,  Lara-Nika Praetorius en Ian Visser in Switserland. Foto verskaf
Ruan Janse van Rensburg, Lara-Nika Praetorius en Ian Visser in Switserland. Foto verskaf

Drie Namibiërs in Switserland

Tanja Bause
“Ons het met die trein Andermatt toe gery en met ‘ski-lifts’ opgegaan tot waar ons die foto geneem het. Dit was baie koud, maar ’n perfekte dag met sneeubedekte Alpe, sonskyn en’n blou hemel. Ons moes net ons mooi vlag uithaal en ’n foto neem,” het Lara-Nika Praetorius gesê.

Sy, Ruan Janse van Rensburg en Ian Visser keer vandag terug van ’n kulturele uitruilprogram na die Gymnasium Kloster Disentis in Switserland.

Hulle het die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) en Namibië in ’n kulturele uitruilprogram verteenwoordig. Die drie was deel van ’n koor met 180 lede wat in Disentis, Chur, Lugano en Zürich opgetree het. Hulle het die welbekende The Armed Man deur Karl Jenkins opgevoer. Die koor is deur ’n simfonieorkes begelei en die soliste is gevestigde professionele kunstenaars.

Dit was die eerste keer dat Ian sneeu gesien het.

“Die sneeu was ’n ongelooflike ervaring, selfs al het dit nie dié winter so baie soos gewoonlik gesneeu nie,” het hy gesê.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir hierdie ervaring wat my te beurt geval het. Ek sal dit ongetwyfeld altyd onthou en in my hart koester. Die mense van Disentis is hartlik en gasvry. Ek sou beslis reken dat ons almal blywende vriendskappe gevorm het met die studente van die Gymnasium Kloster Desentis. Hulle het diep spore in die Namibiërs se harte gelos.”

Ruan wat al verskeie kere Europa en sy verskillende kulture en omgewings beleef het, is van mening dat Switserland beslis die naaste aan sy hart is.

“Met hemelhoë berge aan die een kant, riviere aan die ander kant, valleie aan dié onderkant en sneeubedekte vlaktes oral waar jy kyk, is Switserland ’n estetiese skatkis. Dit is nie net beeldskoon nie, in die dorpe kan ’n mens jouself in die paaie en sypaadjies sien, so skoon is dit,” het hy gesê.

Die optrede met die koor het hy as ’n onderwêreldse ondervinding beskryf, met elke dag wat beter as die vorige dag was.

“Met die uitruil het ek nie net vriende gemaak nie, maar lewenslange vriendskappe wat ek vir ewig gaan onthou. Ek het die uitruil ongelooflik geniet.”

Lara-Nika sal die geleentheid vir die res van haar lewe onthou.

“Dit was ongelooflik. Die mense van Disentis het ons almal so hartlik ontvang en bederf. Dit was onbeskryflik om saam met hul ongelooflike koor en simfonieorkes te sing. Ons al drie stem saam dat Benedictus ons gunsteling deel van die werk is. Om dit saam met ’n uitmuntende koor te kon sing, was super-spesiaal. Ek kom met ’n lied in my hart terug en is diep dankbaar hiervoor.”

Hulle het hul dank uitgespreek teenoor almal wat deel van die uitruilprogram was en die geleentheid vir hulle moontlik gemaak het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!