Himba-kennis opgeteken
Stamme uit Namibië en Angola werk saam
Vier-en-tagtig stamhoofde van Namibië en 10 van Angola het bygedra om die geskiedenis, tradisie, kultuur en inheemse kennisstelsels vir die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne op te teken.
“Die Bio-kulturele Gemeenskapsprotokol (BCP) sluit in die bewaring van heilige plekke sodat ontwikkelings soos die Baynesdam en mynbou dit moet respekteer en ons toestemming vra.
“Tans word geen toestemming gevra nie,” sê Alphons Koruhama, ’n voorstander van ’n omvattende dokument wat die afgelope twee jaar deur OvaHerero-gemeenskappe van Kaokoland, aan beide kante van die grens tussen Namibië en Angola, saamgestel is.
Die betrokke OvaHerero-subgroepe sluit die kenmerkende OvaHimba-mense, die OvaTjimba, die OvandaMuranda en die OvaMbanderu in.
Met die samewerking van internasionale nieregeringsorganisasies Natural Justice en International Rivers het hulle die omvattende dokument saamgestel wat besonderhede oor leefstyl, grondgebied, wild en hul merkwaardige omgewing uiteensit.
“Ons, die OvaHerero van Kaokoland, na wie ook verwys word as die OvaHimba van Namibië en Angola, het deur die eeue ’n eiesoortige bestaan gehandhaaf in terme van die benutting van ons ryk en uiteenlopende omgewing,” lui die inleiding van die dokument.
“Ons het deur die eeue heen rentmeesterskap van hierdie hulpbronne geneem en dit tot vandag toe bewaar. Maar vandag word ons lewensbestaan, wat van hierdie brose omgewing afhanklik is, bedreig deur droogte, onvolhoubare ontwikkeling en moderniteit,” verduidelik hulle.
Koruhama het verlede week by die bekendstelling van die dokument in Windhoek, gesê 84 stamhoofde van Namibië en 10 van Angola het bygedra om die geskiedenis, tradisie, kultuur en inheemse kennisstelsels vir die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne op te teken.
Hy het ook die Amerikaanse hulpagentskap (USAID) en die Amerikaanse ambassade, die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die Regshulpsentrum (LAC), navorsers en EarthLife Namibia bedank vir hul ondersteuning. Koruhama wil hê dat die BCP in Namibiese skole geleer moet word.
Uazepa Mbendura het namens die jeug gesê die BCP het die verhouding tussen haar mense en die plante en diere uitgewys en dat dit haar bemagtig om haar kultuur, die omgewing en die inwoners van haar omgewing te beskerm.
“Ons toekomstige generasie, ons jongmense, gaan skool toe en neem verskillende kulture aan, hulle raak deurmekaar. As ons hulle nie oplei nie, gaan ons kultuur verlore en saam met die ouer mense uitsterf.”
Sy sê die projek het haar ook bewus gemaak van haar regte.
“Die regering kan my nie hervestig net as gevolg van ’n (ontwikkelings)-projek nie, want ek ken my regte. Ek ken die wet en kan daarna verwys. Voorheen het ons met blinddoeke gelewe, ons was in die donker. Ons oë is nou oop,” het sy sê.
Muatjupika Kapika het namens die hoofmanne die afwesigheid van leierskap van die regering betreur, ondanks vele uitnodigings.
“Kom ons staan saam. Dit maak seer dat ons die belanghebbendes van die regering genooi het, selfs die kantoor van die president, maar hulle is nie hier nie.
“Dit is ons land, maar ons sukkel steeds. Selfs skenkings vir projekte vir inheemse groepe se ontwikkeling bereik ons nie. Die indringer sal egter na ons grond kom en in die naam van die wet vir my sê dat ek probeer om ontwikkeling te keer, omdat ek my kultuur en gebied beskerm,” sê hy.
“Hoe is dit moontlik dat jy iemand ontmoet wat ouer as jy is, op die grond waar hy gebore is, maar jy gee opdragte aan hom?” het hy gevra.
Die stamhoof Katjambyea Maazerive Tjambiru het ’n beroep op die regering gedoen om die kinders uit haar stam toe te laat om tradisionele kleredrag by die skool te dra.
“Dit sal ’n groot bydrae lewer tot die bewaring van ons kultuur. Help asseblief om ons kultuur te beskerm, moenie toelaat dat dit tot niet gaan nie,” is haar pleidooi.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het by navraag ontken dat die regering nie tradisionele Himba-drag in skole toelaat nie.
“Natuurlik is ons ’n inklusiewe ministerie. Ons dien ’n nasie en elke kind maak saak vir ons.”
Sy sê daar is niks fout daarmee dat kinders hul tradisionele drag dra nie, “ons sal dit eintlik aanmoedig,” voeg sy by.
“Ons sal geen kind dwing om ’n uniform te dra nie. Kultuur, erfenis en kuns is kritieke dele van onderwys,” brei sy uit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie