Huil van die lag, lag deur die seer

Iréne-Mari van der Walt
Die Windhoek Woordfees is byna hier – en diegene wat sukkel om hul opgewondenheid te beteuel, hoef darem nie meer lank te wag voor die komedieproduksie Laerskool Noord hulle sal laat skaterlag nie. Die Woordfees skop môreaand om 20:00 af by Walvisbaai Privaatskool met hierdie produksie waarin Marion Holm, Ilne Fourie, Neels Coetzee en Margit Meyer-Rödenbeck te sien is.

“Daar is drie onderwyseresse, hulle is tipiese onderwysers, wat ’n afskeidpartytjie reël vir die skoolhoof en almal wonder wie die nuwe skoolhoof gaan wees,” verduidelik Margit. Marion se karakter, Bets, is ’n tipiese drama-onderwyseres met ’n groot persoonlikheid en ’n bietjie melodrama. Marietjie, die graad 2-hoof, is weer kleiner en praat in verkleinwoordjies. Margit se karakter, Zelda, is die skool se netbalafrigter. “Sy het ’n fluitjie en sy weet hoe om dit te gebruik.”

“Dit is 75 minute van net lekker lag en al jou sorge by die huis los, jy gaan iemand herken daar, en ons hoop ons herken jou daar,” sê Margit.

Vir diegene wat hulle in die hoofstad bevind is Laerskool Noord om 20:00 by Droombos se Black Barn te sien ná Chrisna Beuke-Muir en Attie van Wyk se Liefdesbriewe wat om 18:30 begin.

SOET BY DIE BITTER

Margit het die komedieverhoog vir die regisseurstoel verruil vir die teaterverwerking van Herman Lategan se boek Hoerkind. Sedert die boek se vrystelling in Julie verlede jaar verkoop sy se skrywe soos soetkoek. Die blik wat hierdie boek op Herman se lewe bied is volgens Margit egter ietwat bitter.

“As jy die boek gelees het sal jy weet dit is ’n baie eerlike, reguit storie - mens kan nie glo so baie het met een mens gebeur nie,” sê sy.

Margit sê sy moes ’n unieke benadering as regisseur neem om die warrelwind-emosies van Hoerkind vas te vang. “Ek het elke toneel as ’n storie op sy eie benader – ons het baie hard gewerk om die op-en-af deur te gee,” sê sy.

Sy hoop egter diegene wat Hoerkind by die Windhoek Woordfees kyk sal nie bedroefd daar uitstap nie. “Die verhaal is baie belangrik, want hy staan op aan die einde. Ek dink dit is ’n storie van hoop want hy het elke keer opgestaan en aangegaan,” sê sy.

“Ek dink hierdie is ’n storie waarby baie mense aanklank sal vind - Herman Lategan se naam is een om te onthou.”

Hoerkind begin Saterdag om 15:30 by Droombos. Kaartjies vir alle Windhoek Woordfees-geleenthede is aanlyn te koop by eticket.my.na of by die deur.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!