Die muurskildery van Alina Mateke is alreeds voltooi. Foto Tanja Bause
Die muurskildery van Alina Mateke is alreeds voltooi. Foto Tanja Bause

Kultuur seeviër in hoofstad

Tanja Bause
Namibia Dairies het drie Namibiese kunstenaars die taak gegee om drie unieke muurskilderye te skep.

Alina Mateke het die Holy Cross Convent Primêre Skool se muur gekry om op te skilder, Petrus Amuthenu die muur van John Meinert Printing en Frans Uunona by die Ou Brouerye-kompleks.

Amuthenu en Uunona werk saam en is tans besig met een van die skilderye waarna hulle die volgende een sal aanpak. Mateke se skepping is klaar.

Volgens me. Victoria Moller, woordvoerder van die Ohlthaver & List-groep vorm dit deel van Namibia Dairies se kultuurversameling vir sy nasionale verbruikersprojek.

“Deur die Oshitaka-, Omaere- en Oshikandela-produkte vier ons Namibiese kultuur. Ons het drie Namibiese kunstenaars genader om drie aanhalings te interpreteer en vir hulle die mure gegee om op te skilder.”

Mateke moes die aanhaling, “My kultuur is my identiteit, dis my bestaan, dis wie ek is, wie ek bedoel is om te wees en wie ek altyd sal wees” deur Clariza Boois interpreteer.

“Wees trots op die tradisies wat jy van jou voorvaders geërf het, dis jou skate” deur Julia N Eliakim, was Amuthenu se aanhaling en Uunona moes Eunice Namwandi se “Kultuur is ’n diverse metafoor wat ons bou, ons maak wie ons is en ons onderhou. Kulture definieer ons wortels en niemand kan dit ooit van ons wegvat nie, want dis binne ons gebore” interpreteer.

Die sleutelkriteria vir die keuse van die mure was die aantal verbygangers, en daar is gekyk na mure wat prominent of sigbaar vir talle mense is, en waar die toestemming van die eienaar verkry kon word.

“Dit laat my dink aan ons ouer mense wanneer hulle sê: ‘As jy ’n kombuis het met potte waarin jy gekook het, moet die potte nooit oornag sonder kos staan nie, want jy kan enige tyd besoekers kry’. Dit gaan dus daaroor om die bietjie wat ons as ’n nasie het, te deel, kos te gee en kennis met mekaar te deel,” het Amuthenu gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!