Kunstetrust ondersteun Khwe San-mandjiewewers
Die Omba Arts Trust, 'n niewinsgewende organisasie wat kunstenaars en vakmanne in Namibië se plattelandse gebiede ondersteun deur hul unieke kunswerke en skeppings te bemark en verkoop, het onlangs hande gevat met ’n groep Khwe San-mandjiewewers van die Bwabwata Nasionale Park in die Zambezistreek.
Hierdie gemeenskap se mandjievlegtradisie het sowat 20 jaar gelede ’n tweede asem gekry toe ‘n Omba-vriend wat destyds vir ’n nieregeringsorganisasie in die streek gewerk het, ‘n ou en verslete mandjie in ‘n opstal ontdek het. Binne ‘n paar maande was vroue weer besig om hierdie seldsame en unieke mandjies uit palmtakke te maak om ’n ekstra inkomste te verdien en die potte aan die kook te hou.
Wat hierdie mandjies so besonders maak, is dat mandjievleg in Namibië gewoonlik aan landbou- of pastorale praktyke (oes en berging van graan) gekoppel word. Dié is die enigste mandjies uit ‘n geskiedkundige jagter-versamelaarskultuur waar dit destyds gebruik is om wilde vrugte en bessies of “veldkos” te versamel en bymekaar te maak met die handvatsel wat ‘n praktiese en funksionele element aan die ontwerp verskaf het; en die kleure alles van natuurlike kleurstowwe.
Mens sou dink die lewe vir jagter-versamelaars in ‘n nasionale park omring deur wild en wilde eetbare plante sou idillies wees.
Ongelukkig staar die Khwe groot uitdagings op ’n daaglikse basis in die gesig; hul bestaan is al as “blote oorlewing” beskryf. Daar is toenemende grondbesetting, terwyl teenstropingsmaatreëls hulle toegang tot tradisionele versamelgebiede in die bos beperk het.
Om duiwelsklou te oes is ‘n noodsaaklike bestaansgeleentheid, terwyl mandjieweef vir ’n tydelike inkomste gesorg het wanneer daar 'n betroubare mark was – ongelukkig het produksie die afgelope paar jaar amper tot stilstand gekom weens beperkte toegang tot palmtakke en wantroue in die middelmanne in die verkoopproses.
Danksy ’n vennootskap met die Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC) en die Kyaramachan-vereniging, het Omba begin met wat hulle hoop ‘n gereelde en volhoubare bestaansgeleentheid vir die wewers in hierdie gebied sal bied. Hierdie seldsame, pragtige, handgemaakte en kultureel-outentieke mandjies is terug op Omba se rakke.
VAT HANDE
Deur die afgelope 30 jaar saam met meer as 400 vroue van plattelandse gebiede oraloor die land te werk, het Omba Arts eerstehands die swaarkry, mishandeling, diskriminasie, isolasie en uitdagings gesien wat hulle so dikwels in die gesig staar.
Enkelma's wat kinders grootmaak sonder ondersteuning, oumas wat weeskinders voed, tienerma's wat skool moes verlaat. Hulle was egter altyd verstom oor die volharding, veerkragtigheid en die absolute vasberadenheid van soveel ambagsvroue wat ‘n beter lewe vir hulself en hul kinders wil skep.
Omba het aan meer as 11 ambagsvroue en personeel van plattelandse gebiede die geleentheid gegee om tussen streke en internasionaal te reis. Laasgenoemde sluit in Ghana, Nigerië, Uganda, Duitsland, Suid-Afrika, Spanje, Koeweit en die VSA – selfs ‘n gejaagde dag in New York met ‘n mandjiewewer van ‘n afgeleë dorpie in die noorde!
Dit is glo soms uitdagend om paspoorte en visums te kry wanneer daar geen straatadres vir die aansoekvorm is nie, maar “altyd ‘n plesier om te sien watter impak dit kan hê om nuwe mense te ontmoet en nuwe plekke te besoek”. Baie van dié ambagsvroue het na Windhoek gereis waar hulle die hoofkantoor van Omba besoek en die stad gesien het.
Dié Khwe-mandjies maak pragtige dekoratiewe items vir moderne binneversiering.
Vir meer inligting, besoek [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie