Namibië betree unieke kunswêreld
Die 59ste La Biennale di Venezia het op 23 April afgeskop. Duisende kunswerke van 80 lande word by die uitstalling verteenwoordig en vir die eerste keer is Namibië deel daarvan. “The Lone Stone Men of the Desert” bevat werk van ’n Namibiese kunstenaar wat verkies om bekend te staan onder die skuilnaam RENN, wat herinner aan die wêreldberoemde Bansky, wie se ware identiteit ook onbekend is. Die klipmanne van Namibië (sien foto’s) is tans op die eiland La Certosa (voor Venesië) te sien. Die uitstalling duur tot 27 November. Fotoֹ’s Marco Ferrario
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie