Namibië gehoor en gesien by Afrikadag-vieringe
Drietal kunstenaars betrokke
Drie Namibiese kunstenaars verteenwoordig hul moederland by die vieringe van die 2022-Afrikaweek wat vanjaar vanaf 23 tot 25 Mei in Parys, Frankryk, aangebied word.
Shishani, die plaaslike musikant wat in Nederland woonagtig is, sowel as die visuele kunstenaars Frank Jooste, wat in Frankryk bly, en Peter Arnuthenu sal deelneem aan die verrigtinge wat by die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco) se hoofkantoor in Parys gehou word.
Die geleentheid is deur Unesco-lidlande op dié vasteland geïnisieer om die Afrika-unie (AU) se jaarlikse vieringe van Afrikadag te merk. Dié Afrikaweek is ’n tentoonstelling van die uiteenlopende Afrika-kultuurerfenis – in ooreenstemming met die tema wat die AU jaarliks vir Afrikadag kies.
Die vieringe verenig die musikante en kunstenaars van die vasteland se 54 lidlande met ’n gala-aand en kulinêre belewenis waar verskeie Afrika-kosse bedien word.
Verskeie deelnemers van die Unesco-lidlande, Unesco-sekretariaat, Franse openbare en private sektore sowel as die burgerlike samelewing word vanjaar verwag.
DIE KUNSTENAARS
Shishani, ’n Namibiese musikant wat in Nederland woon, is ’n veelsydige kunstenaar wie se musiek inspirasie uit verskillende kulturele genres van haar geboorteland put.
Sy is ’n sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer wat geliefd is vir haar strelende en kragtige stem en haar vermoë om die siel te vul met die gees van aktivisme wat deur haar lirieke verweef is. Sy is die medestigter, hoofsanger en komponis van Namibian Tales, ’n akoestiese kwartet wat die musikale erfenis van Namibië verken.
Met Namibian Tales het Shishani ’n unieke internasionale projek saam met Unesco en die Museumvereniging van Namibië (MAN) gelei om kulturele erfenis te bewaar deur argivering en skepping van nuwe musiek in samewerking met die San-gemeenskappe in Namibië.
• Op die visuele kunsfront sal Namibië verteenwoordig word deur Peter Amuthenu en Frank Jooste, wat unieke Namibiese tekeninge en skilderye deur die Unesco-Afrikaweek sal uitstal.
Amuthenu is ’n dinamiese jong kunstenaar wat in Windhoek woon. Sy werk is tweedimensioneel van aard wat die huidige popkultuur met ’n mengsel van stedelike en Namibiese motiewe inkorporeer.
Hy is ’n meester van drukwerk, teken (potlood en houtskool) en skilder (spuitverf, olieverf, waterverf en ink). Hy maak gebruik van verskillende tegnieke om sy werke te skep.
Sy werke word dikwels gesien as muurskilderye regoor Namibië, maar ook op papier of doek. ’n Internasionale gehoor sal goed by sy werk en styl aanklank vind.
• Laastens, Frank Jooste, ’n kunstenaar wat van Lüderitz af kom en deesdae kunsklasse in die Oisilly-kommune in Frankryk aanbied. Hy gebruik kleure van Afrika en put sy inspirasie uit die landskappe, kulture en simbole van die vasteland.
Sy werke is minder figuurlik, maar hy het etniese simbole, geometriese figure en rotsskilderye behou en hulle van die klassieke kunsperke bevry. Sy skilderye weerspieël abstrakte elemente wat deur herinneringe aan Afrika geïnspireer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie