No Image Caption

Namibië maak reg vir Geloftedagvieringe

Yandi Du Plessis
Geloftefeeste word landwyd vir 16 Desember beplan. Die Geloftefeeskomitee in Windhoek beplan die viering van hierdie spesiale dag op die kultuurkalender met ‘n erediens by die Hervormde Kerk in Fidel Castrostraat (algemeen bekend as die “Badkamerkerk”) om 18:30. Dit word gevolg met ʼn ligte ete en samesang onder leiding van Frikkie Schutte en Ronel Opperman van Okahandja, asook ʼn kadriel deur die Voortrekkers.

Dr. Callie Opperman, emerituspredikant, verduidelik die viering van Geloftedag as volg: “Die doel van die gelofte is drieledig uitgespel: Dat die dag en datum as dankdag, soos ʼn Sabbat, deurgebring sal word. Dat ʼn huis tot sy eer opgerig sal word. Dat ons vir ons kinders en nageslag sal sê om die gelofte te onderhou. Wanneer die gelofte so onderhou word, word die roem en eer aan God gegee.”

Word deel van die verrigtinge, waar jy jou ook al in Namibië bevind. Hou die Facebook-bladsye van Geloftedag – Windhoek en Netwerk Namibië dop vir meer inligting oor vieringe in die res van die land asook in Suid-Afrika.

[email protected]

Kommentaar

Callie Opperman 1 Jaar Gelede05 December 2022

Aan die kus is daar op 16 Desember om 18:00 Geloftedienste in Walvisbaai se NG Moedergemeente, asook Swakopmund se NG Kerk. In Hentiesbaai is daar om 9:00 'n Geloftediens in die NG Kerk.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!