O Boesmanland, vat my hand...
Wanneer daar na die verskillende variëteite van Afrikaans gekyk word, moet daar begin word by historiese variasie.
In Die storie van Afrikaans (W.A.M. Carstens, E.H. Raidt, Protea Boekhuis 2019) staan daar: “Dit is variasie op grond van historiese oorwegings en dit word gebruik om Afrikaans se herkoms te verdeel in drie groeperings: Kaapse Afrikaans (die Afrikaans van die slawe en die vroeë inwoners aan die Kaap; dus die Aanleerderafrikaans van die Khoi en slawe), Oosgrensafrikaans (die taal van die vroeë trek- en grensboere) en Oranjerivierafrikaans (die Aanleerders-afrikaans van die Khoi-Khoin).
Onder dié drie groeperinge is daar egter nog verskeie variëteite en sommige kan soms oorvleuel as gevolg van die geografiese gebied waar Afrikaans verder ontwikkel het. Griekwa-Afrikaans, Namakwaland-Afrikaans en Boesmanland-Afrikaans is ’n goeie voorbeeld aangesien al drie onder Oranjerivierafrikaans val.
Boesmanland is ’n dorre streek in die Noord-Kaap met die Oranjerivier in die noorde en ooste, Calvinia in die suide en Namakwaland in die weste as grense. Reën is skaars en die plantegroei is yl. Dit is ’n wêreld vir skaapboerdery en die ellelange Sishen-Saldanha-spoorlyn loop deur Boesmanland. Die groot dorpe is Brandvlei, Pofadder en Aggeneys, maar daar is ook kleiner plekke soos Longsiekvlei, Bosluispan en Namies.
“Sover ek weet kan Boesmanlanders nie eintlik swem nie,” het Johan van Wyk in ’n rubriek in Februarie 2022 op Netwerk 24 geskryf. “Hulle is ook maar taamlik watersku. In ’n streek waar daar stof uitkom as jy ’n kind met waterpokkies se blase stukkend druk, bad jy nie alte dikwels nie. Jy spoel net jou voete af by ’n windpomp se bek. En voor Krismis en Nuwejaar, soos met groot doop, ’n vinnige onderdompeling in ’n suipingsdam vir skaap. Kaalgat.”
Hy skryf ook oor wanneer dit wel in Boesmanland reën.
“Ek wil nie eens dink aan al die pestilensies wat nou op pad is in spoor van al hierdie reën nie: bloednier, bloutong, geilsiekte, dikkop. Die lys is eindeloos.
“Gelukkig maak die Boesmanlanders nie staat op onverwagte buitengewone nat jare nie. Eintlik soek hulle dit glad nie. Hulle boer op hul lekkerste in droë jare met ’n matige reënval. Hulle weet die volgende droogte wag om die draai. Jy bly dus katvoet, nederig en voorbereid.
“Soos die boer opgemerk het toe hy op sy stoep staan en kyk hoe, te midde van aanhoudende reën oor dae, ’n sonstraal, soos met jakkalstrou, skielik deur ’n donker wolkmassa breek. Toe sê hy bedruk: ‘En daar kom die volgende droogte ook alweer!’”
Wanneer dit by Afrikaans kom, is daar nie net woorde soos nxa! (lekker, goed) wat uit die streek kom nie, maar ook uitdrukkings soos “’n dikbekwind wat met sy skerpkant vorentoe waai” wat die koue oostewind is wat oor Boesmanland waai.
Of ghoeboe wat in die WAT so beskryf word:
ghoe’boe, ghoeboe’
b.nw. en bw. (gewestelik)
(<Khoi)
Ook ghaboe, ghouboe, kouboe, koeboe.
Onsmaaklik, treurig, lamlendig, baie swak, sleg, moeg, siekerig, bek-af: Hulle is sommer ‘n ghoeboe spul. Die bier is ghoeboe. Die koffie smaak ghoeboe. Die konsert was maar ghoeboe. Ek het so ghoeboe gevoel na al die harde werk dat ek moes gaan rus.
En as jy die woord Boesmanland hoor, kan jy nie anders as om aan Worsie Visser se treffer te dink nie.
O, Boesmanland vat my hand
Lei my oor die rand se kant
As jy vir my kan sê waar die Boesmanland lê
Boesmanland vat my hand
Maar Boesmanland vat my hand

O, bokkie vat jou sloop
O, ja bokkie vat jou sloop
Ja, bokkie vat jou sloop
Dat ons Bitterfontein toe loop
Met my vaal ou houtkitaar
O, my vaal ou houtkitaar
Ek speel dat dit bars
Maar ek breek mos nie ’n snaar
Maar Boesmanland vat my hand
En lei my oor die rand se kant

Maar Boesmanland vat my han

O, die Maskamberg se kruin
O, die Maskamberg se kruin
By die Maskamberg se kruin
Ja, daar drink ons brandewyn
Met ’n koekie Sunlight-seep
O, die koekie Sunlight-seep
Ja, Gharies se mense dra
Mos ’n wit broek deur die week

O, die hond het my beskyt
O, die hond het my beskyt
Ja, die hond het my beskyt
Van die tafel af gesmyt
Maar as ek maar net weer kon
O, as ek maar net weer kon
Kaal bolyf daar kan lê
In die Boesmanland se son

Dis nou Kubusland vat my hand
En lei my nou na Gharies se kant
As jy vir my kan sê wat die kubusse wil hê
Kubusland vat my hand
Ja, die Boesmanland vat my hand
Ja, die Boesmanland vat my hand
Ja, die Boesmanland vat my hand
Worsie Visser is op 3 September 1963 op Saldanha gebore. Behalwe sy groot treffer “Boesmanland”, was hy ook bekend vir liedjies soos “Lekker ou Jan”, “Gee die hond wind” en “Wikkel daai boude”. Almal het egter nie gedink sy musiek is op standaard nie en die legendariese omroeper Edwill van Aarde het onder meer geweier om Worsie se musiek op Afrikaanse Treffers, ’n program op wat vandag as RSG bekendstaan, te speel. Nico Carstens het in ’n artikel oor Afrikaanse musiek in Huisgenoot gesê: “Ek het vir Worsie Visser ontmoet, maar die man maak dan nie musiek nie. Hy en ander sing vir hul vriende en dan dink hulle hulle kan plate maak”.
Worsie (gebore Hermias Cornelis) het egter groot sukses behaal en was veral gewild op danspartytjies. Hy is op 4 Mei 1998 in die ouderdom van 35 oorlede ná sy klein vliegtuig by St. Helenabaai geval het.
Luister hier na “Boesmanland”: https://www.youtube.com/watch?v=HTgmMASpRnk
BLOKKIE:
as dit reën in die boesmanland
verby brandvlei op pad na verneukpan
waai boesmangras wuiwend
met withande
in ekstase oor die druppels
wat nou sy wortels voed
driedoringbos staan parmantig uitgedos
sy verslete vaalswart jas verruil
vir donkergroen pels met
pienkgeel blommotief
!xthoba steek vetgeswelde
lowergroen vingers uitdagend in die lug
aan elk vinger pryk
’n pienk blomring
... in verneukpan
begroet vaal roukleisteen huisies jou
wanneer sal ook hulle
soos driedoring en !xtoba blom?
Elias P. Nel – Bek sonner brieke (2011)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie