‘Ons strewe na eenheid’
Nama-kultuur vir generasies bewaar
Die oorhoofse doel van die byeenkoms en viering was om die Namas as 'n eenheid te verenig en die taal en kultuur in die streek te laat herleef.
Die vyfde jaarlikse Nama-kultuurfees is op Keetmanshoop gehou onder die vaandel “|Gui!nâxasib !oa da ra ||gū – Ons streef na eenheid”, met Nama-hoofde en gemeenskapslede van Namibië en Suid-Afrika tot Botswana wat saam die kultuur, erfenis en taal kom vier het.
Die oorhoofse doel van die byeenkoms en viering was om die Namas as ’n eenheid te verenig en die taal en kultuur in die streek te laat herleef.
Nichodimas Cooper, ’n raadslid en erfenisaktivis van Botswana, het die belangrike rol wat Namibië in hierdie doelwit speel, beklemtoon.
“Namibië is die enigste land wat steeds ’n beduidende aantal Namas in die land het. Dit is hoekom Namibië in ’n unieke posisie is om ons te help om die Nama-taal in Botswana te herstel en ons kulturele erfenis vir toekomstige geslagte te laat herleef,” het Cooper gesê.
Die fees het met tradisionele danse, musiek en storievertelling gespog, terwyl ’n paneelbespreking gefokus het op die godsdienstige en filosofiese grondslae van die Nama, asook die geskiedenis van die Namas se taal.
Deelnemers het hul kennis en strategieë gedeel om die Nama-taal en -geskiedenis lewend te hou, veral in gebiede waar dit die risiko loop om verlore te gaan.
Die teenwoordigheid van Nama-hoofmanne nie net van Namibië nie, maar ook die buurlande van Suid-Afrika en Botswana, het die belangrikheid van die kulturele herlewing van die Nama oor grense heen beklemtoon.
Die voorsitter van die BW Nama-ontwikkelingstrust, Edwin Salim Saidoo, het sy ervaring oor die Nama-erfenis in Botswana gedeel.
“Ons het na die Nama-fees gekom om by ons oumense hier in Namibië te leer en ook om te leer om ons Nama-fees wat in Augustus in Botswana gehou word, te verbeter,” het Saidoo gesê.
Hoofman John Cornelius Witbooi van die |Khowese /Witbooi-stam in die Noord-Kaap in Suid-Afrika, het die belangrikheid van solidariteit en samewerking in die gedeelde pogings beklemtoon.
“Ons kultuur en taal is ons identiteit. Deur saam te kom, versterk ons ons gemeenskap en verseker ons dat ons erfenis nie vergeet word nie,” het Witbooi gesê.
Die Nama-mans dra hemde van dieselfde materiaal as die vroue, terwyl die Nama-vroue hul kleurvolle tradisionele rokke tydens die fees gedra het. Beide die mans en die vroue dra veldskoene by hul uitrustings.
By die fees se kultuurdorpie het die oumense onder meer die kleredrag van ’n weduwee ná haar man se dood bespreek en hoe lank sy oor hom moet rou.
Haar kleredrag moet altyd aandui dat sy in rou is. Dit beteken ’n swart uitrusting, ’n swart tradisionele kombers en ’n swart doekie wat die weduwee moet dra tydens haar routydperk.
Terwyl die oumense om die vuur gedans en gesing het, het die fees ook gespog met stalletjies met tradisionele kos, medisyne en ook artefakte wat uitgestal is.
Vanjaar se fees het ’n duidelike boodskap uitgestuur dat eenheid en samewerking noodsaaklik is vir die kultuur en taal om te oorleef en ook te floreer.
Die sukses van die fees op Keetmanshoop was ook 'n beduidende stap vorentoe in die kulturele en linguïstieke herlewing en met Namibië wat ’n sentrale rol in die streek hierin gespeel het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie