#PasIn: Nasionale simbole gevier

Precious Nghitaunapo
Namibiërs uit alle vlakke van die samelewing, geklee in nasionale kleure, het vanoggend aan ‘n optog as deel van die veldtog vir nasionale simbole op Swakopmund aangesluit.

Die veldtog beoog om patriotisme te bevorder deur Namibiërs van die belangrikheid van nasionale simbole bewus te maak.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Peya Mushelenga, het gesê die ministerie het "‘n gebrek aan nakoming en respek teenoor die korrekte protokolle en etikette waargeneem, veral wanneer dit kom by die sing van die nasionale volkslied en die hysing van die nasionale vlag, wat die grondslag van ons nasionale identiteit is".

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer