Pret, plesier en geelvet!
Die immergewilde Biltongfees het eindelik ná 'n afwesigheid van twee jaar weer die afgelope Saterdag by die United-sportgronde in die hoofstad plaasgevind. Feesgangers kon hier ‘n verskeidenheid biltong geniet - van die geliefde beesbiltong en selfs Wagyu-biltonghappies, tot eland- en ander wildsbiltong . Daar was ook geen gebrek aan vermaak nie. Tussen die gebrul van Harley Davidsons en die geblaf van boerboele deur, het die motorskou en bobaas-musiek en talle ander aktiwiteite vir topvermaak gesorg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie