Prof. Ernst Stals ontvang erkenning
Netwerk, ‘n organisasie met die doel Afrikaans en die belange van Afrikaanssprekendes te bevorder, gee graag erkenning aan mense wat diep spore in dié taal en kultuur getrap het, en het op 27 Julie ‘n Prestige-kultuurtoekenning aan professor Ernst Stals oorhandig vir sy navorsing oor die geskiedenis van Afrikaans in Namibië.
Stals is ‘n boorling van Pofadder in die Boesmanland, Noordwes-Kaap. Hy het aan die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch matrikuleer en sy opleiding as historikus by die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang. Hy was vir sewe jaar ’n dosent in geskiedenis by die US en het daarna geskuif na die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), die hedendaagse Universiteit van Johannesburg.
Sy belangstelling in Namibiese geskiedenis is geprikkel ná ‘n besoek aan ‘n Namibiese neef wat in die noorde van die land geboer het en hy het begin om navorsing in sy vrye tyd te doen.
Vanaf RAU het hy na Windhoek verhuis en aan die nuutgestigte Windhoek Onderwyskollege doseer. Hy is mettertyd aangewys as direkteur van navorsing by die Akademie vir Tersiêre Onderwys, wat naskoolse studie vir alle bevolkingsgroepe in Namibië moontlik gemaak het. Ná ses jaar by die Akademie, net na Namibië se onafhanklikwording, het hy in 1992 uit diens getree en voortgegaan met sy eie navorsing, hoofsaaklik in Namibiese geskiedenis. Hy het teruggekeer na Stellenbosch om sy publikasies te voltooi en te publiseer. ‘n Groot aantal publikasies van uitstaande geskiedkundige en wetenskaplike kwaliteit en multidimensionele aard het ontstaan uit sy navorsing, wat hom vandag een van die mees invloedryke geskiedkundiges maak oor Suidwes-Afrika/Namibiese geskiedenis. Hy het hom in 1998 finaal in Namibië gevestig om by sy argief, bronne en die land af te tree.
Gedurende 2016 is hy vereer as ontvanger van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stals-prys vir Geskiedenis. Die prys is toegeken vir sy deeglike, intensiewe navorsing oor aspekte van die geskiedenis van SWA/Namibië, sy spesialisnavorsingstema van meer as ‘n halfeeu. Hy geniet ook internasionale erkenning deur vakgenote in Duitsland, Switserland, Brittanje en Amerika. As voormalige president van die Suid-Afikaanse Historiese Vereniging het hy ‘n belangrike rol gespeel om denke oor die geskiedeniswetenskap te bevorder.
Uit sy pen het daar sedert 1962 verskeie publikasies oor verskillende aspekte van Namibiese geskiedenis, asook as mede-outer oor die geskiedenis van die Afrikaners in Johannesburg, verskyn. Onder sy publikasies tel die studie “Só het Afrikaans na Namibië gekom” (Gamsberg Macmillan, 2001) en “Môrewind oor die Karasberge” (Protea Boekhuis, 2009). Sy publikasie “Wie is jy?” is te koop by die Erfenis Kultuursentrum in Windhoek.
Tydens sy aanvanklike verblyf in Windhoek in 1977 het hy kennis met van die stigterslede van Netwerk gemaak en was in 2006 een van die medestigters van hierdie organisasie onder die voorsitterskap van wyle mnr. Nico Tromp.
Volgens Stals moet jong Afrikaners bereid wees om ‘n aktiewe rol te speel en ‘n bydrae in die gemeenskap te lewer, selfs iets soos pannekoek bak by ‘n basaartafel, op ‘n kerkraad dien of ‘n jukskeispan organiseer. Hy glo daar is talle geleenthede en bevrediging wat wag vir ‘n jong Afrikaner wat aktief deelneem aan sake wat die Afrikaanse gemeenskap raak, op welke terrein ook al.
Stals het ook ‘n besondere waardering vir die taal en sou graag wou sien dat daar ‘n taaltrots onder jongmense gekweek word.
Stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected] om “Wie is jy? (vertellings oor die Afrikaner in die voormalige Suidwes-Afrika)” teen N$50 te bekom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie