San-fees skop af

Augetto Graig
Die Koninklike Huis van die Hai//om San vier vanaf vandag tot Sondag die 118de herdenking van kaptein Fritz ǂAribeb se dood.

Die verrigtinge vind op die plaas Marburg, sowat 58 km noord van Otjiwarongo naby die Okorusu Fluorspar-myn, plaas.

Gaob en pastoor Ananias Soroseb nooi alle San-mense in Namibië uit om hul geskiedenis te kom herleef, hul kultuur uit te leef en te dans op hul tradisie, met die hoop dat toegang tot die kaptein se graf môre toegelaat mag word.

Hy sê vervoer is altyd ’n probleem, maar dat bywoner selfs met donkiekarre sal opdaag, met tente en kamers wat vir slaapplek ingespan sal word.

“Toeriste is meer as welkom,” sê hy.

Soroseb sê dit is oor die 1904-moord van kaptein ǂAribeb deur Duitse soldate dat die San ook by reparasie-onderhandelinge met Duitsland betrokke wil wees.

Verder wil die Hai//om-San ook die kaptein se graf as ’n nasionale erfenis laat verklaar, voeg hy by.

Die fees sal opvoeringe van dans, kultuur en tradisie insluit, sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer