San-spoorsnyers ontsyfer eeueoue rotskuns
Inheemse kennis bring argeologiese deurbraak
Die studie bevestig dat inheemse kennis, met sy uitsonderlike insig in 'n verskeidenheid van velde, die vermoë het om argeologiese navorsing aansienlik te bevorder.
Duitse argeoloë het hulp van San-spoorsnyers van Tsumkwe uit die Nyae Nyae-bewaringsgebied ontvang om ’n deurbraak te maak in die bestudering van Namibiese rotsgravures in die Doro !nawas-berge.
Danksy die Ju/’hoansi-jagters se inheemse kennis kon navorsers die dierespesie, geslag, ouderdom en linker- of regterbeen identifiseer in meer as 90% van die rotskuns wat ontleed is.
Plaaslik is die gravures van veral dierespore gevind wat gemaak is deur mense wat as jagters en versamelaars in die latere steentydperk geleef het.
Dit is die eerste keer dat navorsers gebruik gemaak het van die kennis van inheemse spoorsnyers om rotskuns te bestudeer.
“Tot op hede het navorsers van rotskuns die feit misgekyk dat spore en voetpaadjies ’n ryk bron van inligting vir die destydse jagterversamelaars moes gewees het, buiten dat dit dieper, kultuurspesifieke konnotasies het.
“In die onlangse navorsingsprojek is daar gepoog om dié gaping te oorbrug. Dit behels dat inheemse spoorsnyers uit die Kalahari gebruik is om die uitgegraveerde diere- en mensspore te ontleed. Die ontleding is in die sentrale westelike dele van Namibië gedoen – in die Doro !nawas-berge, waar nog rotskuns onlangs ontdek is,” het die navorsers gesê.
“Die studie bevestig dat inheemse kennis, met sy uitsonderlike insig in ’n verskeidenheid van velde, die vermoë het om argeologiese navorsing aansienlik te bevorder,” het die navorsers in hul eweknie-geëvalueerde navorsingsartikel opgemerk.
VOETSPORE
“Die mense uit die steentydperk het klaarblyklik ’n tradisie gehandhaaf om diere se voetspore in rotse uit te graveer – veral in voetpaadjies wat wilde diere dikwels gebruik het.
“Na ons mening het die studie bevind dat die rotsgraveerders doelgerig sekere eienskappe in hul rotskuns ingesluit het.
“Hulle het duidelik verkies om die voetspore van sekere diere uit te beeld – soos kameelperde, wit- en swartrenosters, koedoes, springbokke, vlakvarke, gemsbokke, volstruise, duikers, bosvarke, luiperds en sebras. Hulle het gewoonlik ook minstens een voël ingesluit – die spore van tarentale, terwyl ander dierespesies se voetspore nie dikwels uitgebeeld is nie. . .” het die navorsers opgemerk.
Die navorsers sê rotskunstenaars het duidelik doelbewuste keuses gemaak oor die tipe spore wat hulle uitgebeeld het. Die spore loop ook oor die algemeen in ’n spesifieke rigting – nie lukraak nie, terwyl die kunstenaars klaarblyklik verkies het om jonger manlike diere se spore te graveer as dit by bosvarke of duikers kom en ouer vroulike diere by luiperds of tarentale.
Die navorsers sê die presiese betekenis en bedoeling van die rotskuns bly ’n raaisel en dat bestaande hipoteses nie bevredigende antwoorde bied nie. Selfs die inheemse spoorsnyers kan nie dié raaisel heeltemal ontleed nie.
ANDER LEIDRADE
Die rotskuns gee argeloë egter ’n idee van watter diere vantevore in die gebied voorgekom het, wat ook daarop dui dat die dorre gebied vroeër “natter” moes gewees het of meer reën ontvang het.
Die navorsingsartikel is op 13 September in die wetenskaplike joernaal Plos One gepubliseer met die titel “Animal tracks and human footprints in prehistoric hunter-gatherer rock art of the Doro! nawas mountains (Namibia), analysed by present-day indigenous tracking experts”.
Volgens die navorsers word rotskuns op verskeie plekke in die wêreld gevind, maar Namibië is een van die lande wat ryk is daaraan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie