Hoofman Joseph /Gomoseb kan vir meer inligting oor die komende vergadering op 0813464900 gekontak word.
Foto Augetto Graig
Hoofman Joseph /Gomoseb kan vir meer inligting oor die komende vergadering op 0813464900 gekontak word. Foto Augetto Graig

San vergader Saterdag

Augetto Graig
Die opperhoof van die Hai //om San-mense van Namibië, hoofman Ananias Soroseb, doen ’n beroep op alle San-leiers in die streke om eerskomende Saterdag (9 April) op Otavi bymekaar te kom.

Volgens hoofman Joseph /Gomoseb sou die vergadering reeds die afgelope Saterdag plaasgevind het, maar dit is uitgestel om veral pensioenarisse die geleentheid te gee om hul maandelikse toelae vanaf die regering te ontvang sodat hulle die reis kan aanpak.

Die San is van die armste randgemeenskappe in Namibië, ten spyte daarvan dat hulle as oorspronklike inwoners van die land en van die oudste groepe ter wêreld herken word.

Volgens /Gomoseb is een rede vir die vergadering om eer aan opperhoof Fritz Arabib (ook geskryf ǂArexab) te betoon.

Arabib was glo die opperhoof van die San in Namibië toe hy in 1904 teen Duitse koloniale magte gesneuwel het.

Die nasionale Erfenisraad het onlangs sy graf as ’n historiese terrein herken en Soroseb wil dié verwikkeling bekendmaak, sê /Gomoseb.

Hy kan vir meer inligting oor die komende vergadering op 081 346 4900 gekontak word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer