Swakop speel gasheer vir Erfenisweek-vieringe

Herdenk Namibië se ryk en diverse erfenis
Die week word gevier onder die tema "'Heritage and Culture: A Rock-Solid Foundation".
Yandi Du Plessis
Precious Nghitaunapo - Die amptelike openingseremonie van die jaarlikse Namibiese Erfenisweek het op 18 September by die amfiteater in Swakopmund plaasgevind.

Neville Andre, die goewerneur van die Erongostreek, het gesê Erfenisweek-vieringe verdiep Namibiërs se begrip en waardering met betrekking tot hul stryd, tradisies en bydraes tot die ontwikkeling van die nasie.

“Erfenisweek maak die viering van Namibië se ryk en diverse erfenis moontlik, en bevorder die beveiliging en beskerming van alle kulturele erfenis in Namibië, ongeag godsdienstige of etniese identiteit. Die Namibiese regering is verbind tot die ryk erfenis en sy rol in die vorming van die nasie.”

EENHEID

Andre het beklemtoon relevante wette en beleide wat die sektor reguleer, is saam met instellings soos die Nasionale Erfenisraad, die Kunsteraad (NACN) en die Museumvereniging van Namibië (MAN) ingestel, asook dat gespesialiseerde kursusse oor erfenis in hoëronderwysinstellings aangebied word wat bydra tot verdere ontwikkeling in die land.

Die week word gevier onder die tema “'Heritage and Culture: A Rock-Solid Foundation”. Dit moedig alle Namibiërs aan om fees te vier en hulle daartoe te verbind om die land se natuurlike en kulturele hulpbronne te beskerm. Die doel is dat elke Namibiër op een of ander manier hul kulturele en natuurlike erfenis kan vier.

Die hoofvieringe sal by die Swakopmund Museum aangebied word, met talle aktiwiteite wat gedurende die week oraloor die land sal plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!