Teaterhuis te koop
Grootste teater in die land is in die mark
Die Bekkerfamilie het hul droom vir die ou Riebeeck Teater verwesenlik en jaag nou 'n nuwe horison.
Tsumeb se historiese TeaterHuis – die grootste teater in Namibië met sitplek vir tot 535 toeskouers – is te koop.
Die teater is deel van ’n gastehuis wat ook insluit ses nuut opgeknapte en suite-kamers, twee en suite luukse kamers, twee basiese kamers en ’n huis met vier slaapkamers, ’n kombuis en leefarea wat ook as gastekamers benut kan word.
Op marksman-properties.com word die eiendom vir N$9,275 miljoen geadverteer.
Volgens die eienares me. Surine Bekker het sy en haar man in die middel van 2016 die TeaterHuis bekom, wat in daardie stadium deur die koperdorp se inwoners as ’n “wit olifant” beskou is omdat dit so lank dormant gestaan het.
Die oorspronklike naam was die Riebeeck Teater, gebou deur die ou TCL kopermynbouers. Dit was volgens Bekker die sosiale hartklop van die dorp in die gloriedae van die myn.
“Met baie genade en min geld het ons self die binnenshuise ontwerp, planne ensovoorts aangepak. Ek het byvoorbeeld ou ‘vintage’ ligte verniet gekry van ’n hotel wat in Windhoek toegemaak het, dit gerestoureer en in die TeaterHuis gebruik.
“My kunstige ma het my baie gehelp en met haar praktiese vernuf kon ek vir ons derduisende dollars spaar.
“Ons eerste teateropvoering was Jannie Moolman en Corlea Botha op 16 Julie 2016 en dit was fantasties. Jannie was in ekstase oor die akoestiek; hy kon nie daaroor uitgepraat raak nie.
“Ons het met ons drie kinders in die ou projektorkamer en store op die eerste vloer ingetrek, en baie hard gewerk om alles eers mooi te maak vir die dorp en ons gaste,” vertel sy.
“In 2018 het ons ’n industriële spysenieringskontrak gekry en kon toe ekstra gastekamers aanbou en ook ons huis vergroot, en kon uiteindelik TeaterHuis ons tuiste noem!
“In 2019 was ons 14 gastekamers klaar gebou en toe tref Covid-19 ons,” voeg sy by.
Die gesin het moeite gedoen om die teater se oorspronklikheid te behou, en die byvoegings is aanvullend tot die ou aansig. Van die 14 gastekamers was sommiges tevore die aantrekkamers van die kunstenaars, wat nou lieflike bruidspaarkamers is.
“Net nadat ons opknappings voltooi is, het my man vir my gesê ons moet ons volgende droom aanpak: Om ’n grondjie te kry en ’n selfstandige plek op te rig vir gesinne waar die man en vrou hul werke verloor het en nie op die been kan kom nie, kan bly en werk en berading en genesing ontvang.
“Ons was self ook al in baie desperate omstandighede en weet hoe swaar dit kan wees as dinge net nie uitwerk nie. Maar, daar is altyd hoop as jy op die Here vertrou. Hy maak jou paaie gelyk!” sê sy.
ULTRA-MODERN
Die laaste opvoering by TeaterHuis was Jo Black in 2019. TeaterHuis kan tot groepe van 23 mense met blyplek akkommodeer, en die teater wat steeds in uitmuntende kondisie is, het 535 sitplekke in amfiteaterstyl, oorgetrek in rooi leer, met ’n groot verhoog en ’n ultra-moderne klanksisteem wat aan ’n orkes tot 27 kanale kan bied, brei sy uit.
“Toeriste is absoluut mal oor ons plek, en het soveel waardering vir ons visie. Intussen hou ons aan en ons is besig om nuwe televisies te installeer en om vesel-internet aan te skaf, sodat ons gaste net die beste kan kry,” sê sy.
“Ons moet TeaterHuis verkoop om ons nuwe droom te verwesenlik,” voeg sy by.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie