Unieke literêre ‘geure’ by Doek-fees
Doek, Namibië se eerste literêre tydskrif, sal aanstaande maand – vanaf 21 tot 23 April – die eerste Doek Letterkundefees aanbied, met die Universiteit van Oos-Anglia (UEA) se internasionale leerstoel vir kreatiewe skryfkuns as vennoot.
Die UEA se internasionale leerstoel vir kreatiewe skryfkuns (ICCW) gee aan vyf prominente skrywers die taak om oor vyf jaar, in vyf gebiede van die wêreld, te help om nuwe en ontluikende skrywers te vind, te bemagtig en te bevorder.
In 2022 het die ICCW sy Afrika-jaar begin met sy eerste voorsitter, Tsitsi Dangarembga, die Zimbabwiese dramaturg, filmmaker en krities bekroonde skrywer van Nervous Conditions, The Book Of Not en This Mournable Body. Sy het ook onlangs die Wyndham-Campbell-prys, een van die wêreld se vernaamste literêre pryse, ontvang.
Die realisering van die heel eerste Doek Letterkundefees van 2022 sal moontlik wees danksy die ondersteuning van die ICCW en sy huidige voorsitter wat toegang sal verseker tot die nodige fondse, konseptualiseringshulpbronne, beplanningskapasiteit en organisatoriese ondersteuning wat nodig is om hierdie mylpaalgeleentheid moontlik te maak. Deur hierdie vennootskap met die UEA se ICCW is Doek in staat om ‘n literêre fees met ‘n internasionale invalshoek aan te bied waardeur van die mees invloedryke literêre persoonlikhede in Afrika met plaaslike skrywers kan kommunikeer. Deur hierdie ontmoeting by die Doek Letterkundefees te fasiliteer, bied die ICCW ‘n waardevolle platform vir vaardigheidsoordrag binne die literêre bedryf wat die Windhoekse en Namibiese literêre toneel vir baie jare vorentoe sal verryk.
Die wêreldbekende kreatiewe skryfprogram van die Universiteit van Oos-Anglia in Norfolk in die Verenigde Koninkryk (VK) is die tuiste van een van die suksesvolste grade ter wêreld in dié vakgebied.
Die graduandi van dié universiteit sluit in sir Kazuo Ishiguro, ’n Nobelpryswenner; wenners van die Booker-prys soos Ian McEwan en Anne Enright; en ontluikende skrywers van die Afrika-vasteland soos Ayobami Adebayo.
Die hoofspreker by die fees is natuurlik Tsitsi. Zukiswa Wanner, die Suid-Afrikaanse redakteur, uitgewer en skrywer van die bekroonde romans The Madams, Men of the South en London Cape Town Joburg en die eerste Afrika-vrou om die Goethe-medalje te ontvang, sluit by haar aan.
Die Nigeriese skrywer Femi Kayode, wat die UEA/Little Brown-toekenning vir sy debuutroman Lightseekers gewen het, en Jean McNeil, die Kanadese skrywer en professor in kreatiewe skryfwerk by UEA wat meer as 14 boeke geskryf het en talle literêre eerbewyse vir haar werke bekroon is, op die fees se internasionale gastelys.
Namibiese flair vir die fees se gastelys word verskaf deur die “2022-2023 Doek Collective”, ‘n eklektiese groep opkomende Namibiese skrywers wie se werke in Doek! of in ander publikasies verskyn het.
Die Doek Collective wemel van jong literêre talent en bestaan uit Charmaine //Gamxamus, Roxane Bayer, Kay-Leigh De Sousa, Ndawedwa Denga Hanghuwo (wat die eerste fiksieprys van die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings in 2021 gewen het), Katherine Hunter, Filemon Iiyambo, Dalene Kooper en Ange Mucyo.
Rémy Ngamije, Doek se stigter, voorsitter en hoofredakteur en die bekroonde skrywer van The Eternal Audience of One, rond die opwindende groep Namibiese skrywers af.
Al die skrywers se biografieë en die Doek Letterkundefees se program is op die fees se webwerf by festival2022.doek.africa beskikbaar.
Die fees sal by die Goethe-Institut in die hoofstad aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie