Wika! Wika!
Die Windhoek Karnavalvereniging (Wika) het Donderdagaand tydens die 71ste “Prinzenball” prins Flo I (Florian Dillmann) en prinses Nadja III as die nuwe koninklike egpaar vir 2025 aangewys. Dit was ook die begin van nog ’n week van feesvieringe en kuier en natuurlik die immergewilde vlotoptog Saterdag deur Windhoek se Onafhanklikheidsrylaan waartydens nie eens ’n hewige reënbui die geesdrif van die toeskouers en vlotgangers kon demp nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie