Windhoek in kleur getooi
Petrus Amuthenu en Frans Uunona wat bekend is vir die muurskildery op pad Okahandja toe van ’n jagluiperd wat ’n gemsbok jaag, is tans in Windhoek besig met nóg ’n groot skepping.
Die muur is by die Snymansirkel en ’n vrou se gesig word daarop geskilder.
Volgens Uunona het Namibia Dairies hulle genader om die skildery te skilder.
“Hulle het ons genader om ’n muurskildery te skilder wat deur Namibiese kulture geïnspireer is. Verskillende skilderye op verskillende mure word oraloor Windhoek gedoen. Ons gaan wanneer ons hier klaar is nog een op ’n muur by die Warehouse Theatre skilder. Dit beteken baie vir ons. Nie net kan ons doen waarvoor ons lief is nie, maar ons werk met besonderse kleure en ons skep iets wat al die Namibiese kulture vier. Niemand is uitgesluit nie,” het hy gesê.
Amuthenu het die skildery van die vrou ontwerp en Uunona die een waaraan hulle volgende week begin werk.
Die twee kunstenaars het ook in Oranjemund muurskilderye geskep.
“Die een wat ons in Oranjemund gemaak het, was dubbeld so groot soos dié een. Ons is dankbaar vir die geleentheid om Windhoek mooi te kan maak. Kuns is belangrik, dit kan jou dag ophelder en beter maak. Ons kry die geleentheid om ’n klein deel daarvan te kan wees,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie