Windhoek Oktoberfest vier 62 jaar
‘Groter en beter’ as ooit tevore
Die fees is nog altyd 'n opwindende gebeurtenis op die jaarlikse kultuurkalender.
Ná twee jaar se afwesigheid weens die Covid-pandemie is die Windhoek Oktoberfest weer met mening terug, met Namibia Breweries Limited (NBL) – ’n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)-groep – wat weer die hoofborg van die geleentheid is.
Vanjaar se Oktoberfest beloof ’n groter en beter ervaring as ooit tevore en sal ’n viering van die ware menslike gees van veerkragtigheid en goeie kos, vermaak en bier wees.
Dié aankondiging is verlede week gemaak by die amptelike bekendstelling van die Windhoek Oktoberfest, wat vanjaar vir die 62ste keer aangebied word.
Die fees is nog altyd ’n opwindende gebeurtenis op die jaarlikse kultuurkalender waarna beide plaaslike en internasionale feesgangers uitsien. Vanjaar se feesprogram, wat vir 27 tot 29 Oktober geskeduleer is, is ontwerp om ‘n skare selfs groter as dié van 2019 te akkommodeer, toe die fees meer as 6 700 besoekers oor twee dae gehad het. Die driedaagse byeenkoms sal by die Sportklub Windhoek (SKW) aangebied word – wat twee keer die grootte van die vorige feesruimte is.
Vir die eerste keer is ‘n korporatiewe geleentheid ook by die program gevoeg wat maatskappye die geleentheid sal gun om hul belanghebbendes en personeel op die Donderdagaand te onthaal.
Die besturende direkteur van NBL, mnr. Marco Wenk, het oor die geleentheid gesê: “Ná twee jaar sonder die Windhoek Oktoberfest, en in die nasleep van die verwoestende pandemie, is hierdie Oktoberfees een van groot betekenis – ’n viering van menslike veerkragtigheid. NBL is uiters trots om 'n integrale rol as hoofborg en organiseerder te speel, en ons sien uit daarna om hierdie die beste Oktoberfest nóg te maak. Almal word uitgenooi om aan te sluit by hierdie langverwagte feesvieringe.”
’n Integrale deel van die kulturele ervaring van Oktoberfest is die kos en drank waarvan feesgangers kan kies en keur, en vanjaar kan hulle bykomende kosstalletjies verwag wat voorsiening sal maak vir almal se smaak, insluitend vegetariese en glutenvrye opsies. Die bierkroeg beloof om weer ‘n hoogtepunt van die geleentheid te wees met die tradisionele Festbier, ‘n bier wat eksklusief vir die Windhoek Oktoberfest gebrou word, wat weer aangebied sal word.
Die fees sal weer eens ‘n verskeidenheid tradisionele Duitse speletjies en vermaak vir feesgangers van alle ouderdomme op die Vrydag en Saterdag bied. Die Kirchdorfer, die wêreldklas oorspronklike Oktoberfest-orkes van München, Duitsland, en die spesiale gasorkes Jägermeister Brass Cartel sal vir vanjaar se musiekvermaak sorg. Die Schuhplattler-groep en ‘n groep plaaslike dansers sowel as die Namibiese musiekikoon Riaan Smit sal ook deur die loop van die naweek optree.
Kaartjies vir die Windhoek Oktoberfest is beskikbaar by Pick n Pay-winkels landwyd of kan aanlyn via Webtickets aangeskaf word.
Besoek www.oktoberfestnamibia.com vir meer inligting.
Die ander borge van vanjaar se fees is Hansa Draught, Pupkewitz BMW, Eurowings Discover, Jägermeister (CIC), Radiowave en die SKW.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie