'Word Klankbord’ met Windhoek Woordfees
Spesiale Sjordé-aand
Kaartjies is die aand van die geleentheid by die deure beskikbaar.
Op Donderdag 13 Julie sal daar by De Kayak in die hoofstad note en woorde “ge-klankbord” word. Die Windhoek Woordfees bied, in samewerking met die Afrikaanse Taal en Kultuurbond (ATKB) ‘n Sjordé Klankbord aan. Kaartjies is die aand van die geleentheid by die deure beskikbaar en kos N$50. Ligte verversings asook ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
‘n Digter weerkaats woorde en sangers klank met note. Henriëtte van Wyk, ’n digter en die samesteller van die produksie, stel dit as volg:
“Op die ritme van die tydtikker beier daar dikwels note los en kry dan woord in swart en wit op die vanger se papier”
Daar is verskeie redes waarom Van Wyk op “Klankbord” as naam vir die produksie besluit het: die verskillende definisies waarvoor die woord staan asook die voorlees van verse uit haar ongepubliseerde digbundel, KLANKBORD. ‘n Verdere rede is dat Van Wyk glo dat die gehoor oorverdowend as klankbord sal reageer.
“Ek sien veral uit na van die kunstenaars se vars, oorspronklike komposisies. Inderdaad stal Windhoek Woordfees op 13 Julie talent uit wat ore gaan laat tuit!”
Die Sjordé bestaan uit twee dele: die eerste deel is ‘n Musiek & Liriek waar nét op die liefde gefokus word. Die tweede deel dra die impak van die lief en leed van die lewe via liedjies.
Ook tussen die twee voorleesstemme vind daar wisselwerking plaas – soms klankbord die ouer stem wysheid, soms eggo die ouer stem die jonger stem se pyn. Die ouer stem word deur Susan Alexander en die jonger stem deur Teneal Koorts vertolk.
Note word gegooi deur Magriet Pienaar, Vanessa Venter, Lize Visser, Sunéll Smit, Shanté le Roux en Tané Hatting. Rias Oberholzer van Nostalgie Orkes asook Marié Kuhlmann en Dawie Fourie help met die begeleiding.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie