Foto verskaf
Foto verskaf

15 dae tot Frank Opperman se Reünie

Iréne-Mari van der Walt
Van ’n behoorlike (en bekoorlike) Koorfees draai die FNB Windhoek Woordfees se program nou na die bekende Suid-Afrikaanse akteur Frank Opperman wat Namibiese gehore met sy eenmanvertoning, Reünie, op 9 en 10 Augustus gaan vermaak.

In hierdie verhoogstuk vertolk Opperman 15 karakters wat almal ’n hoërskoolreünie bywoon en verskeie kwessies soos tienerswangerskap en lyfstraf word onder die loep geneem deur die sienings van verskeie karakters soos die hoofmeisie, ’n dominiee, ’n swaar drinker, 'n homoseksuele man en ’n kwaai juffrou te verken.

Die verhoogstuk is deur Dana Snyman geskryf.

“Ek gee om vir elkeen van die karakters, dis mense wat bymekaarkom,” het Opperman aan die Suid-Afrikaanse koerant, The Citizen, gesê.

“Ek hou van toneelstukke wat baie drama bevat. Die volgende toneelstuk wat ek aanpak, is ’n donker dramatiese stuk van Wilhelm van der Walt genaamd Stinkhout.”

Kaartjies vir Reünie is nou by www.eticket.com.na beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!