Aand van kuns en musiek saam met Arno Carstens

Die legendariese Suid-Afrikaanse rocksanger Arno Carstens tree Saterdag by die Windhoek Buiteklub op.

Jy kan ’n “magiese musikale reis” te wagte wees wat oor die twee dekades van Arno se loopbaan strek; van die ou gunstelinge deur die Springbok Nude Girls tot die ikoniese enkelsnitte van sy sololoopbaan. Die musikante Mari Bosman en Riaan Smit sal ook by die geleentheid optree.

Die bekroonde sanger en liedjieskrywer is in Kaapstad, Suid-Afrika, woonagtig.

Gedurende sy loopbaan as die hoofsanger van The Springbok Nude Girls, en daarna as solokunstenaar, het Arno verskeie albums in beide Engels en Afrikaans vrygestel, met ‘n rits suksesvolle enkelsnitte en toekennings insluitend vir beste rock album, beste alternatiewe album en liedjie van die jaar.

Mail & Guardian het hom al die “Godfather of South African rock” genoem en Sunday Times het hom as “een van die kreatiefste liedjieskrywers en kunstenaars van ons tyd” bestempel.

Arno is ook ’n skilder wat die fyn kunste beoefen en in olieverf of akriel op doek skilder en met houtskool op papier teken. Sy jongste kunswerke sal ook Saterdag vanaf 17:00 by die buiteklub uitgestal word.

“My nuwe versameling is deel van die natuurlike evolusie van wat tussen my en die skilderdoek gebeur. Dis ‘n mengsel tussen my ouer styl en nuwe style wat ek langs die pad opgetel het. Ek ontdek wie ek as skilder is; die toon van my onderwerp en die boodskap wat dit bring is alles deel van hoe ek verander. Al die skilderye vertel ‘n storie en dra emosie, en dit is ‘n groot eer om dit met julle te deel,” skryf hy.

Kaartjies kos N$200 per persoon en sal by die ingang beskikbaar wees.

Rig enige navrae aan [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!