Afrika-kunswerke vind die pad na Londen
Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe vat hande
Die uitstalling bestaan uit sewe kunstenaars se kunswerke.
Die StArt Art-galery het onlangs aangekondig hulle sal eersdaags hul eerste uitstalling in Londen in die Verenigde Koninkryk (VK) aanbied.
“Muzivi Wenzira - S/he who uses a footpath” is gekies uit kunswerke deur Namibiese, Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese kunstenaars. Vir dié uitstalling het StArt Art hande gevat met die Guns & Rain-kunsgalery wat in Johannesburg, Suid-Afrika, gebaseer is.
Die uitstalling bestaan uit sewe kunstenaars se kunswerke. Die twee betrokke galerye deel ‘n fokus op kontemporêre kuns uit Suider-Afrika. Die gedeelde geskiedenisse van hierdie kunstenaars en die sosio-politiese kontekste van hul lewensomstandighede verskaf die diverse en ryk agtergrond vir die kunswerke wat uitgestal word.
Van Namibië sal die kunstenaars Nicky Marais, Actofel Ilovu en Libita Sibungu skilderye, gemengde media-kuns en tekeninge met die wêreld deel. Van Zimbabwe sal Sky Salanje en Isheanesu Dondo se werke gedeel word, en Thina Dube en Aneesah Girie is die Suid-Afrikaanse kunstenaars betrokke by dié uitstalling.
“Muzivi Wenzira” beteken “hy/sy wat ’n voetpad gebruik” in Shona. Dié titel sinspeel deels op die lang, soms moeilike reis wat kunstenaars deur hul loopbane onderneem. Dit wys ook op die groter konteks waarbinne elkeen van die geselekteerde kunswerke geleë is.
Hierdie uitstalling is moontlik gemaak danksy die ondersteuning van die Mosi -O-Tunya-galery, ‘n niewinsgewende kunsgalery in Londen wat daartoe verbind is om ontluikende Afrika-kunstenaars te ondersteun.
Die uitstalling open op 21 Julie en eindig op 31 Julie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie