Elzabé Zietsman is eersdaags in Namibië. Foto Facebook/Elzabe Zietsman
Elzabé Zietsman is eersdaags in Namibië. Foto Facebook/Elzabe Zietsman

Amper tyd vir ’n 'routrip'

Iréne-Mari van der Walt
Die veteraan-dramaturg Elzabé Zietsman is eersdaags as deel van die FNB Windhoek Woordfees op toer deur Namibië met die eenvroutoneelstuk Routrip voordat sy haar besoek in Windhoek sal afsluit met ’n opvoering van Femme is Fatale, wat sy wortels in die kabaretstyl vind.

ROUTRIP

Sy skop haar vyf vertonings van Routrip by Die Skuur in Mariental af voordat sy die volgende aand by Droombos aan die buitewyke van Windhoek te sien sal wees.

Ná ’n kort breek word Routrip op 17 September by die Krokodilplaas op Otjiwarongo opgevoer voor die kus sy beurt kry om dié produksie te geniet.

Routrip is op 18 September by die Primêre Skool Namib in Swakopmund en op 19 September by Walvisbaai Privaatskool op die planke.

Dié stuk se klankbaan is deur Coenie de Villiers behartig, met Maralin Vanrenen wat die regisseurstoel nader getrek het. Die oorspronklike teks is deur Johann Slabbert geskryf.

In hierdie stuk volg die gehoor die hoofkarakter, Helena, se lewe na ’n selfdoodpoging. Gewapen met humor, neem sy ’n sloertoer om finaal van mense afskeid te neem.

FEMME IS FATALE

Tony Bentel sluit by Zietsman aan vir hierdie kabaretstyl-vertoning waar die gehoor vir Marna ontmoet. Haar man het haar ná 30 jaar vir ’n jonger vrou gelos en sy beplan om vir haar dogters te gaan kuier.

Dit terwyl Lian voel sy is in die verkeerde lyf gebore en hoop om ’n groot verandering te ondergaan en Khanyi daarvan droom om skoonheidsterapie te studeer.

Femme is Fatale is op 20 September by die DHPS Aula in Windhoek te sien met ’n voorvertoning deur die OYO-dansgroep.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!