André Schwartz pak Nam-toer solo aan
Beloof steeds 'grenslose' vermaak
Die Suid-Afrikaanse musieklieflinge André Schwartz en Coenie de Villiers was gereed om die Namibiese toer van hul musiekproduksie Grensloos op 28 September met vertonings in Windhoek, Outjo en Swakopmund af te skop.
Coenie is egter vandeesweek met ’n akute longinfeksie in Johannesburg gehospitaliseer.
“Dis ongelukkig ’n realiteit dat die nagevolge van Covid pertinent met ons saamleef en ons lewens ontwrig,” sê Jolene Nell, organiseerder van die Grensloos-toer.
Beide die musikante glo egter in die beginsel van “Die vertoning moet aangaan”. Daarom was dit Coenie se versoek vanuit sy hospitaalbed dat die vertonings wel voortgaan. Die sanger sê hy het ’n “intense liefde vir Namibië” en sy teleurstelling is enorm dat hy nie die toer kan meemaak nie.
André sal dus die vertonings as solokunstenaar waarneem met ’n multimedia-vertoning wat hy met uiterse welslae in ’n volgepakte Atterbury Teater in Pretoria gedoen het. Dus kry Namibië ’n splinternuwe vertoning: Any Dream will Do – My Pad met Webber.
Hierin voer hy die bekroonde teaterikoon Andrew Lloyd Webber se komposisies op, sowel as gunsteling Afrikaanse treffers.
Namibiërs sal ook kans kry om André se slag met die klawers te beleef.
Die toerprogram bly dieselfde as dié van Grensloos:
• Windhoek: 28 September, Nasionale Teater (NTN) Backstage om 20:00. Kaartjies is teen N$300 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
• Outjo: 29 September, Moria Privaatskool om 18:30. Kaartjies kos N$150 vir volwassenes en N$100 vir laerskoolleerlinge. Beskikbaar by Moria op 067 313054 (voormiddag), Anél Holtzhauzen op 081 255 0204 (namiddag) of Onduradio Boekwinkel op 067 313 290.
• Swakopmund: 30 September, Namib Primary School Aula om 19:30. Kaartjies is teen N$280 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
Enige navrae kan aan Jolene Nell op 081 129 3020 gerig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie