ANF se oog op Wacken-verhoog

Namibiese groep by ikoniese musiekfees
Iréne-Mari van der Walt
Die metalgroep As Night Fades (ANF) sal eersdaags aan die Wacken Metal Battle deelneem, waar hulle ’n kans sal staan om by die wêreld se grootste metalfees, die Wacken Opelug-fees, die verhoog met van dié genre se grootste name soos die Amerikaanse groep, Korn, te deel.

Terwyl die groep se sanger, Stephen Slabber, verduidelik die optrede is ’n reusegeleentheid vir ANF om skouers met ander musikante in hul genre te skuur en blootstelling te kry, glo hy Namibiërs kyk steeds deur ’n preutse lens na metalmusiek.

“Ons vloek nie in ons musiek nie en ons sing nie oor politiek of godsdiens nie – ons is baie neutraal. Elke liedjie wat jy deesdae op die radio hoor gaan oor seks of iemand wat iemand anders verneuk. Ons musiek gaan oor menswees en emosie,” sê hy.

Dit is egter nie meer ongewoon vir ANF om mense se opinie oor metalmusiek by hul optredes te verander nie.

“Ons kry by elke optrede ten minste een nuwe ondersteuner by; ek dink daar is iets omtrent die emosie en die energie,” sê Stephen.

ANF se lede sê hulle dankbaar vir die ondersteuning wat hulle tot dusver van hul lojale aanhangers ontvang het.

“Ons wil net vir almal bedank wat ons nog die heeltyd ondersteun. Ons het die beste ondersteuners in die wêreld,” sê ANF se baskitaarspeler, Udeni (Token) Kafidi.

“Ek dink ons ​​sien almal uit na die optrede en om almal van die metaltoneel in Suider-Afrika te ontmoet,” sê Dewald de Kock, die groep se kitaarspeler.

Stephen sê egter dat ANF se deelname aan die Wacken Metal Battle nie moontlik sou wees sonder hul borge nie.

Kiepies Dance Bar, Momentum Versekeraars, Chelsea Fashions en die Nasionale Kunsteraad het almal bygedra om dit vir ANF moontlik te maak om aan die geleentheid in Suid-Afrika deel te neem.

Die feit dat ANF aan die Wacken Metal Battle in Johannesburg gaan deelneem, is ook vir Stephen besonders.

“Ons het nog nooit daar opgetree nie en op die WhatsApp-groep waar al die finaliste op is, lyk dit of almal net opgewonde is om mekaar te ontmoet,” sê hy.

Die groep beplan om vier liedjies tydens hul optrede van 20 minute op te voer. Dit sluit die oorspronklike snit Where Are We Then? wat hulle verlede jaar vrygestel het, in.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!