Applous wink vir SSS-koor

Iréne-Mari van der Walt
Die koor van die Sekondêre Skool Swakopmund (SSS) se droom om op 26 Julie aan die ATKV-Applous-koorkompetisie in Suid-Afrika deel te neem, kan moontlik deur ’n gebrek aan fondse belemmer word.

“Ons het die regering gevra of hulle ons nog kan help met finansiering,” sê die koor se dirigent, Lucky Vellem.

Hy vertel dié koor se sukses by die nasionale ATKV-Applous-kompetisie en die Duinesig-koorfees was onverwags, aangesien die koor nog nie eens ’n jaar oud is nie.

“Ek dink dit is die koorlede se harde werk wat ons laat uitstaan. Mense sê altyd ‘practice makes perfect’ en hulle oefen baie hard, veral aan hul vaardighede om vir mekaar te luister terwyl hulle sing,” sê Lucky.

Die koor het vroeër vanjaar hul nasionale Applous-debuut gemaak met geestelike liedere, wat volgens hom ’n rol gespeel het in hulle sukses.

Dié groep het goud verower by die kompetisie.

Lucky sê hy het die koor op die been gebring omdat hy sy passie vir musiek met die jonger generasie wil deel.

“Ek is ’n musikant – ek het geen formele musiekopleiding nie, maar ek wil dit wat ek uit jare se ondervinding geleer het met hulle deel,” sê hy.

Lucky was vir jare ’n lid van die Vocal Galore-groep en vertel hy was ook tydelik ’n lid van die Mascato-jeugkoor. Hy het hulp van Linus Shuumbwa, ook ’n lid van Vocal Galore wat formele musiekopleiding ontvang het, gekry om die SSS-koor voor te berei vir hul deelname aan die ATKV-Applous-koorkompetisie.

SSS se skoolhoof, Sinvula Sibanga, sê hy is trots op die geleentheid wat die koor nou kry.

“Natuurlik is ons baie opgewonde. Dit is opwindende nuus. Om deel van ’n koor te wees, verg dissipline en ’n sekere vlak van vaardigheid. Dit help ook om die leerlinge se selfvertroue te bou, wat hulle help om akademies te presteer,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!