Baai ’n Sonkyker ryker

Tanja Bause
“Ek was gelukkig genoeg om ’n derde Sonkyker uit klei te kon kerf. Die springgety het weer kluite uit die kleikranse by Solitude-strand losgebreek wat ek vir die kunswerk kon gebruik,” het die kunstenaar Coenraad Louw gesê.

Sy eerste Sonkyker-beeldhouwerk het vroeg in Februarie opslae op die strand tussen Hentiesbaai en Jakkalsputz gemaak.

Louw het 25 jaar gelede visuele kunsopleiding in Kaapstad ontvang. Hy woon nou al vir sowat twee jaar op Hentiesbaai om sy ouers te versorg.

“Ek was in jare nie regtig kreatief nie en het ’n groot behoefte gehad om iets te skep. Ek het op die strand gestap en gemediteer. Die laaste tyd het ons baie intense getye gehad en groot kluite het uit die kleibanke tussen Hentiesbaai en Jakkalsputz uitgespoel. Toe ek om die hoek gestap kom en die kluit sien, het dit vir my soos ’n gesig gelyk wat lê en na die son kyk en die son aanbid. Ek het gedink ek moet iets skep en begin kerf,” het hy ná die skepping van die eerste gesig gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!