Barokfees keer terug na die hoofstad
Die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO) bied môre en Sondag sy jaarlikse Barokfees met ’n veelsydige en opwindende program aan.
Die fees kan weer eens aangebied word danksy die ondersteuning van Capricorn Private Wealth.
In sy volgehoue pogings om jong Namibiese klassieke musikante te bevorder deur hulle toe te laat om by konserte saam met die orkes op te tree, het die NNSO musikante van die Youth Orchestras of Namibia (Yona), die Kollege van die Kunste (Cota) en private musiekinstellings genooi om aan vanjaar se Barokfees deel te neem.
“Hierdie samewerking is ‘n uitstekende geleentheid vir jong musikante om die werking van ’n orkes te beleef en te sien hoe toegewyde musikante kan saamwerk om kuns te skep,” het NNSO se raadsvoorsitter, Irmgard Rannersmann, gesê.
By vanjaar se Barokfees sal Angelina Akawa ’n vokale uitvoering van Händel se Verdi Prati lewer; Shayan Azadeh en Matippa Bengesai speel Corelli se Concerto Grosso op blokfluit; Alissa Bogomolova speel die derde beweging (Allegro) van Vivaldi se Concerto in A mineur op haar fluit; terwyl Anna Verhusa ook ’n fluitweergawe van die eerste beweging van dieselfde Concerto sal uitvoer; en Edlin Hochobeb en Susanne de Boor sal die eerste beweging van die Concerto op twee viole uitvoer.
Konsertgangers kan ook uitsien na ’n uitvoering van ’n tjello-concerto van Vivaldi deur Juliette Nel, Anina Becker op blokfluit wat Andante e Spiccato van Marcello speel, en Pieter Kotze op viool wat Vivaldi se Concerto in D mineur sal uitvoer.
“Om die fees op ’n hoë noot af te sluit, voer die Cantare Audire-koor Vivaldi se Gloria op. Cantare Audire, onder leiding van Martina Visser, het sedert sy herlewing in 2021 verskeie konserte aangebied,” het Rannersmann gesê.
“Xavier Cloete, ’n jong en dinamiese dirigent van Suid-Afrika, sal die konsert dirigeer.”
Kaartjies kos N$120 vir volwassenes en N$80 vir kinders en pensioenarisse. Kaartjies is beskikbaar by webtickets.com.na, Pick n Pay-winkels of by die deure van die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) Aula op die aande van die konserte. Die konserte begin om 19:00.
Diegene met navrae kan die NNSO kontak deur hul webwerf by www.nnso.info te besoek of deur ’n e-pos na [email protected] te stuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie