Barokkonsert een vir die boeke
Die Duitse ambassade en die ambassade van Brasilië bied eersdaags ‘n unieke aand van klassieke barokmusiek aan – ‘n musikale ervaring wat beloof om ‘n unieke een vir Namibiërs te wees. Die twee kunstenaars, Diego Leveric (luit) en Romes Jorge da Silva Junior (barokfluit), speel stukke wat wissel van Bach tot Brasiliaanse komposisies op oorspronklike barokinstrumente. Die twee musikante sal ook verduidelik hoe hul instrumente werk en uitbrei oor die historiese agtergronde daarvan, alles in die atmosferiese omgewing van die Christuskirche. Die konsert begin eerskomende Vrydag (28 Oktober) om 19:00 en toegang is gratis.
[email protected]
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie