Bekende name deel van VM6 se nuutste enkelsnit
Die Namibiese Christelike a capella-groep Vocal Motion Six, ook bekend as VM6, het Maandag hul nuutste enkelsnit, “A Life for Me”, vrygestel.
Die enkelsnit is opgeneem in samewerking met die Grammy-bekroonde fluitspeler Wouter Kellerman en die Amerikaanse pianis Shelby Lock.
“Kellerman se bydrae voeg ’n laag elegansie en sofistikasie by die snit, terwyl Lock se sielvolle klavierspel boeiend is.
“Die samewerking tussen hierdie drie uitsonderlike kunstenaars skep ’n onvergeetlike luisterervaring,” lui ’n persverklaring van VM6.
“Hierdie is ’n liefdesgebaar wat ons hoop luisteraars oral sal inspireer en ophef,” het Markus Chizyuka van VM6 gesê.
Adora Lelani het die geleentheid om saam met Kellerman en Lock te werk beskryf as ’n droom wat waar geword het.
“Die liedjie se boodskap van hoop en volharding vind aanklank by my,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie