Belgiese punkgroep kuier in Windhoek
Die Belgiese punkgroep MatraK AttaKK tree Vrydagaand in die hoofstad by Handle Bar op met die plaaslike rockgroepe Weissdorn en Echo Vision wat die aand sal open.
MatraK AttaKK is tans op toer in Suid-Afrika, Namibië en Botswana. Hul toer het afgeskop met ’n optrede by Sowaar Bar in Pretoria net minder as twee weke gelede voordat hulle in Soweto, Kaapstad, Stellenbosch en Kimberley gaan kuier het.
MatraK AttaKK meng verskeie subgenres van punkmusiek. Hul hoofsanger, bloot bekend as Cristina, het in ’n onderhoud met Nettle Collective gesê die groep se musiek bevat elemente van politieke “grindcore” en “crustcore”, wat beide onder die sambreel van “hardcore” punk val.
Sy deel met Nettle Collective dat die groep in 2014 in Gent, België, gestig is uit die skerwe van ’n ander musiekgroep. In 2017 het verskeie van die groep se lede glo die groep verlaat en Cristian en een van die groep se kitaarspelers is na Luik, België, om dié groep te herskep voor ’n komende toer.
Later in 2017 het dié kitaarspeler ook die groep verlaat en die baskitaarspeler, Py, moes kitaar vir die groep speel. Hulle het toe ’n nuwe baskitaarspeler, A.P., by die groep gevoeg, het Cristina aan Nettle Collective gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie