COLLABORATION: Elzita Beukes, Corporate Affairs Manager of MultiChoice Namibia and  Zulu Boy of the Content Creator Awards team at the launch of the DStv Content Creator Awards 2024 website launch.
COLLABORATION: Elzita Beukes, Corporate Affairs Manager of MultiChoice Namibia and Zulu Boy of the Content Creator Awards team at the launch of the DStv Content Creator Awards 2024 website launch.

Benoemings vir NCCA eersdaags bekend

Michael Kayunde
Die nominasiefase vir die Content Creators-toekenning (NCCA) is amptelik gesluit en die genomineerders sal op 31 Augustus in die hoofstad aangekondig word.

Multichoice Namibia het ’n webblad vir die geleentheid geskep waar die publiek hul gunsteling-inhoudskeppers in verskeie kategorieë soos mode en leefstyl, kos en tradisioneel/kultureel kon nomineer, asook hul gunsteling-beïnvloeder.

Multichoice se woordvoerder, Elzita Beukes, sê inhoud is veel meer as net inligting in die digitale era.

“Dis van kritieke belang om mense oraloor die wêreld te verbind,” het sy gesê.

“DStv is ’n tuiste vir vermaak wat diep gewortel is in Namibië en bring mense bymekaar deur ons produkte en dienste.

“Ons wil die publiek dus aanmoedig om die kollig te plaas op diegene wat gesprekke begin, outentieke storievertellers en diegene wat ’n algehele impak maak,” het sy gesê.

Zulu Boy van die Namibia Content Creators-toekenning het die belangrikheid van dié toekennings beklemtoon.

“Ons skep al baie jare inhoud en dit is nou ons kans om gevier te word.

“Met hierdie toekennings wil ons kreatiewe mense inspireer om hul stories te deel, kreatiwiteit en innovasie aan te moedig en erkenning te gee aan Namibiese inhoud op nasionale vlak,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!