Beoordelaars bekend gestel vir Doek-toekennings
Die beoordelaarspaneel vir die 2023 Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings is onlangs aangekondig.
Beoordelaars word uit ervare lede van die Namibiese of internasionale literêre toneel aangewys om die koring van die kaf te skei in die kategorieë fiksie, niefiksie, poësie en visuele kunste.
Die paneel vir 2023 bestaan uit ’n diverse groep van bekroonde literêre praktisyns en entoesiaste van Namibië. Hulle bring aansienlike ervaring na die beoordelingsproses en is daartoe verbind om Namibiese literêre kunstenaars te erken en te beloon wat merkwaardige werke in die bogenoemde velde gelewer het.
DIE BEOORDELAARS
*Dr. Nelson Mlambo (fiksie, niefiksie en poësie):
Mlambo het grade in letterkunde en kommunikasie aan die Universiteit van Zimbabwe, die Universiteit van Namibië (Unam) en die Stellenbosch Universiteit verwerf. Hy is ’n senior lektor aan Unam; sy belangstellingsgebiede is literatuurwetenskap, met ’n besondere fokus op Afrika-letterkunde. Mlambo is ’n Afrika-Oxford (AfOx)-genoot en is tans ’n besoekende akademikus by Oxford Universiteit (2023-2024). Hy het meer as 50 joernaalartikels, boeke en boekhoofstukke oor Afrika-letterkunde gepubliseer.
*Natasha Uys (fiksie, niefiksie en poësie):
Uys is ’n Namibiese skrywer en redakteur van Windhoek. Sy werk al 17 jaar in die mediabedryf, en skryf gereeld oor haar lewenslange liefde: boeke. Sy werk tans as ’n subredakteur vir The Namibian en het ’n nagraadse diploma in mediabestuur van die Rhodes Universiteit. In November 2021 het sy die eerste niefiksie-toekenning by die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings gewen vir haar opstel, Ouma Sofie’s Gold.
*Namafu Amutse (visuele kunste):
Amutse is ’n multidissiplinêre kunstenaar van Namibië wat besig is met haar honneursgraad in Engels en Duits aan die Universiteit van Namibië. Sy is ’n fotograaf, filmregisseur en skrywer. In 2021 het sy die eerste visuele kunswenner geword by die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings vir haar fotografiereeks Chrysalis, wat vir die eerste keer in die vierde uitgawe van die Doek! literêre tydskrif gepubliseer is. Haar werk is in Windhoek, Dubai, Londen en Freiburg uitgestal.
Namafu se werk is al in Pitch Magazine, Culture Icon Zine, Tender Photo, Lolwe en Black Masculinities vertoon.
Die inskrywingsreëls vir die 2023 Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings is beskikbaar op Doek! se webwerf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie