Berlynse kunstenaar stal in Windhoek uit
Rituele van rou, herinneringe vasgevang
In Namibië is volksmoord ’n uiters sensitiewe onderwerp; dié donker geskiedenis is soms geïgnoreer, onderspeel en selfs ontken.
In die artistieke “album” Ondjembo yo Null Vier / Fraitaxtsēs sores tsîn ge ra≠gâ, wat op 7 Julie by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) in Windhoek geopen het, het die Berlynse visuele kunstenaar Ixmucané Aguilar nouliks met Nama- en Herero-mense saamgewerk wat intense herinneringe en rituele van rou – wat meegebring is deur lewensverliese en grondonteiening onder Duitsland se destydse besetting van Namibië – opgeroep het.
Uit hierdie persoonlike interaksies spruit fotobeelde en narratiewe as fragmente wat dokumentêr van aard is, en bestaan uit lewendige stemme wat herinneringe wil verdedig deur ander met soortgelyke ervarings aan te moedig om te getuig en nooit passief te bly in die aangesig van maatskaplike onreg nie.
Eerder as ‘n liniêre versameling van getuienisse en beelde wat na verafgeleë plekke en hul verre verlede verwys, handel hierdie versameling oor narratiewe wat vra om erken te word as stukke van menswees en tyd.
Deur middel van veelvlakkige dokumentêre fotografie doen Agular uitgebreide veldnavorsing om installasies en kunspublikasies te skep om haar werk in ‘n artistieke taal te kan oordra.
Haar werk het al in verskillende tydskrifte verskyn, insluitend die Journal Akademie der Künste Berlin. Sy bied ook haar werk op internasionale platforms aan, insluitend die komende 13de biënnale van fotografie in Bamako, Mali.
Die uitstalling kan tot 6 Augustus by die NAGN besigtig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie