Beurse beskikbaar vir plaaslike kunstenaars
Doen nou aansoek
Aansoeke is nou oop vir beurse wat kunstenaars sal ondersteun om met nuwe werke vorendag te kom. Dit danksy Africa Prime wat ‘n internasionale platform aan kunstenaars bied om hul werk ten toon te stel.
Die Africa Prime Initiative (API), die filantropiese tak van die videostromingsplatform Africa Prime wat in die VSA gebaseer is, het hande met Namibië se StArt Art-galery gevat om vir die eerste keer beurse vir Afrika-kunstenaars bekend te stel.
Vyf Namibiese kunstenaars sal elk tot US$2 000 ontvang om projekte oor die spektrum van visuele kunste aan te pak.
Africa Prime het ten doel om ‘n stem aan Afrika-talent te gee en outentieke Afrika-stemme te help om beheer van die vasteland se internasionale narratief te neem. Die toelaes sal kunstenaars help om hul vaardighede te slyp en nuwe kunswerke te skep wat in nuwe programme vir Africa Prime se stromingsdiens in Noord-Amerika vertoon sal word.
Dr. Yaya Moussa, die stigter van Africa Prime, het gesê hul missie is om ontluikende Afrika-talent op die wêreldverhoog te plaas en te verseker outentieke Afrika-stemme word goed op dié platform verteenwoordig.
“Ons wil help om finansiële struikelblokke uit die weg te ruim wat Afrika-kunstenaars verhinder om hul kreatiewe doelwitte te verwesenlik en die wêreld te wys watter beduidende bydrae Afrika-kuns kan maak.”
Aansoeke kan by die StArt Art-galery, ‘n onafhanklike galery in Windhoek, ingedien word. Dié galery sal die API ondersteun, die meriete van elke aansoek beoordeel en uiteindelik die toegekende toelaes uitbetaal.
Me. Gina Figueira, medestigter van die galery, het gesê programme soos hierdie is ‘n ongelooflike manier om die kunste te ondersteun, aangesien dit ‘n skeppingsgeleentheid sonder enige spesifieke beperkings of spesifikasies skep.
“Kunstenaars is in staat om vrye teuels aan hul kreatiwiteit te gee en hul stories met die hulp van hierdie beurse te deel, wat spruit uit ‘n begrip van hoe belangrik dit is om die stemme van kunstenaars van dié vasteland op te hef.”
Die beurse in Namibië sal die eerste wees om deur API uitbetaal te word; met projekte in verskeie ander Afrikalande wat mettertyd aangekondig sal word.
Om meer oor die beurse en die aansoekproses uit te vind, besoek @startartgallery op Instagram en Facebook, of stuur ‘n e-pos na [email protected]. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie