‘Black Beach’: oud-Namibiër se verhaal van veerkragtigheid
Die oud-Namibiër Daniel Janse van Rensburg was vir ’n jaar en twee maande ’n gevangene in die berugte Black Beach-tronk in Ekwatoriaal-Guinee.
‘Black Beach’, sy boek waarin hy sy verhaal van dié hel en die daaropvolgende gebeure vertel, word vanaand om 18:00 by Fresh ’n Wild in Klein-Windhoek bekend gestel.
AGTERGROND
Black Beach, geleë op die Bioko-eiland in die waters van Ekwatoriaal-Guinee, is een van die wêreld se mees gevreesde tronke – berug vir sy brutaliteit en onmenslike toestande.
In 2013 het Daniel, ’n sakeman, na dié Wes-Afrikaland vertrek om ’n lugdienskontrak met ’n plaaslike politikus te finaliseer.
Binne dae is hy in hegtenis geneem, sy paspoort is gekonfiskeer en hy is sonder verhoor in die eiland se berugte “Guantanamo”-selle gevange gehou, waar hy vir die eerste keer marteling aanskou het.
Hy is deur die howe vrygelaat, maar dadelik weer in hegtenis geneem, en hierdie keer na Black Beach geneem.
Wat hierop gevolg het, is sy merkwaardige verhaal van oorlewing oor meer as ‘n jaar, moontlik gemaak deur sy onwrikbare geloof en die menslikheid van ’n paar mede-gevangenes.
In ’n aangrypende eerstepersoonsverhaal herleef Daniel sy beproewing waarin sy inhegtenisneming uiteengesit word, sy ontvlugting na die Suid-Afrikaanse ambassade terwyl hy gewapende mans ontduik het, sy amperse ontsnapping en daaropvolgende herarrestasie op die lughawe, sy gevangenisskap by Black Beach en die haglike toestande in die tronk, en sy hoop om na Suid-Afrika terug te keer en met sy gesin herenig te word.
RSVP by +264 61 402 007/6 vir vanaand se boekbekendstelling. Eksemplare van ‘Black Beach’ sal te koop wees en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie